HARTSBRIEWE met Hannes van Wyk en Coenraad Rall, 16 June | Event in Stellenbosch | AllEvents

HARTSBRIEWE met Hannes van Wyk en Coenraad Rall

Drostdy Teater

Highlights

Mon, 16 Jun, 2025 at 06:00 pm

48 Alexander Street, 7600 Stellenbosch, South Africa

Advertisement

Date & Location

Mon, 16 Jun, 2025 at 06:00 pm (SAST)

48 Alexander Street, 7600 Stellenbosch

48 Alexander St, 7600, Western Cape, Stellenbosch, South Africa

Save location for easier access

Only get lost while having fun, not on the road!

About the event

HARTSBRIEWE met Hannes van Wyk en Coenraad Rall
Maak gereed vir ’n aand vol lag, warmte en ’n bietjie romanse met Hartsbriewe! Met betowerende musiek deur Coenraad Rall as pianis, en Hannes van Wyk wat ’n heerlike versameling briewe voorlees wat die snaakse, eienaardige en roerende kante van liefde verken—of dit nou romantiese liefde, familieband of bloot liefde vir die lewe is! Dit is ’n mengsel van musiek en stories, wat die dinge vier wat ons harte vinniger laat klop. Verwag breë glimlagte, ’n paar verrassings, en baie lekker-voel- oomblikke!
Met die afskop van 2025 span Hannes van Wyk en Coenraad Rall kragte saam in ’n aanbieding oor DIE LIEFDE. Die gehoor word saamgeneem op `n reis van verskillende fasette van die liefde deur middel van voorlesings, sang en musiek. Nuutgeskrewe en ouer prosawerk word vervleg met klavierspel en sang.
Hannes is alombekend as bekroonde akteur en aanbieder en Coenraad as briljante begeleier vir van ons land se voorste kunstenaars soos Elzabé Zietsman, André Schwartz en uiteraard Amanda Strydom. Met hierdie uurlange voorstelling gaan gehore egter ook kennis maak met Coenraad se sang…
Digter ID du Plessis het met reg verklaar “die liefde neem ’n duisend vorme aan.” Liefde is mooi, kan kwets, kan opdroog, is onverstaanbaar en onverklaarbaar. Sonder liefde is daar geen lewe nie. Die program gaan gehore bekoor en ontroer met allerlei soorte liefde; noem maar op. Die twee kunstenaars wil die liefde gedenk en vier met ’n nostalgiese aanbieding, maar ook die ligter sy van hierdie eiesoortige gevoel belig.
Kom geniet die vertoning as deel van Drostdy Teater se Winterfeesprogram!Ons gaan die kaggel in ons “Upstage Lounge” aansteek en die gaste bederf met ‘n heerlike tuisgemaakte ete!


You may also like the following events from Drostdy Teater:

interested
Stay in the loop for updates and never miss a thing. Are you interested?
Yes
No

Ticket Info

Tickets for HARTSBRIEWE met Hannes van Wyk en Coenraad Rall can be booked here.

Advertisement

Nearby Hotels

48 Alexander Street, 7600 Stellenbosch, South Africa, 48 Alexander St, Stellenbosch, 7600, South Africa,Stellenbosch, Western Cape

Just a heads up!

We have gathered all the information for you in one convenient spot, but please keep in mind that these are subject to change. We do our best to keep everything updated, but something might be out of sync. For the latest updates, always check the official event details by clicking the "Find Tickets" button.

Reserve your spot

Host Details

Drostdy Teater

Drostdy Teater

55 Followers

5.0/5 Rating - 1 Reviews

Advertisement
HARTSBRIEWE met Hannes van Wyk en Coenraad Rall, 16 June | Event in Stellenbosch | AllEvents
HARTSBRIEWE met Hannes van Wyk en Coenraad Rall
Mon, 16 Jun, 2025 at 06:00 pm