Die Beste Band in die Wêreld ...Ooit, Ek Sweer!, 25 July | Event in Vereeniging | AllEvents

Die Beste Band in die Wêreld ...Ooit, Ek Sweer!

Barnyard Vereeniging

Highlights

Fri, 25 Jul, 2025 at 07:00 pm

Cnr General Hertzog and Club Street, Peacehaven, 1939 Three Rivers, South Africa

Advertisement

Date & Location

Fri, 25 Jul, 2025 at 07:00 pm (SAST)

Cnr General Hertzog and Club Street, Peacehaven, 1939 Three Rivers

42 General Hertzog Rd, Vereeniging, 1939, South Africa, Vereeniging, Gauteng

Save location for easier access

Only get lost while having fun, not on the road!

About the event

Die Beste Band in die Wêreld ...Ooit, Ek Sweer!
Dit het begin op die Weskus. Jacobsbaai om presies te wees. Waar die branders nooit moeg word nie.

Rikus De Beer, ook bekend as Jonathan van Radio Raps, besef sy hiaat staan na 'n einde se kant toe. Rikus vier sy 40ste jaar in Januarie 2025 en besluit hy gaan 'n "band" begin - hy gaan leef, hy gaan musiek maak.

Die Beste Band In Die Wêreld Ooit word ingelyf.

Ryno Velvet wat sedert 2006 skouers skuur in die musiekbedryf met liedjies soos Ai My Lam, Kaap, Volkswagen Bussie en Aande het die roepstem geantwoord om met Rikus De Beer en Regardt Scheepers kragte saam te snoer.

Menigte oorspronklike liedjies uit Rikus en Ryno se penne gee kleur aan Afrikaans, koester ons mense en herinner ons daaraan om soveel as moontlik hardop te lag.

"Nou dat ons 'n band is, moet ons toer..." skerts Rikus en daarmee bedoel hy TOER!

Die manne beplan om hulle konsert regoor die wêreld na Suid-Afrikaners te vat en die opgewondenheid loop behoorlik oor. Dus kan gehore van heinde en verre hulle vere regskud vir 'n vertoning deur beide De Beer en Velvet, soos nog nooit van te vore gesien of gehoor nie.

"Ek en Rikus beplan om mense op 'n reis te vat. Van Jonathan se legendariese parodies tot ikoniese Ryno Velvet treffers en veel meer... Ons belowe jou, jy gaan huil van die lag en uit volle bors saam sing" meen Ryno Velvet.

Die Beste Band Ooit, stel ook hulle eerste album "Nou Toer Ons!" bekend in April 2025 en is trots om aan te kondig dat die album gepaard gaan met 'n 'rockumenter' film oor die dinamiese groep en die sports wat plaasvind agter die skerms.

"Om saam met Ryno en Regie te werk as Rikus in die band is 'n tiepe tuiskoms vir my. Om die stories en songs te deel uit 'n persoonlike perspektief is onthullend en ek leef daarvoor" voeg De Beer by.

Maak seker jy bespreek jou plek vir hierdie eens in 'n leeftyd produksie wat jou asem gaan wegblaas, want… Nou toer ons!

Die Beste Band In Die Wêreld ...Ooit Ek Sweer.


You may also like the following events from Barnyard Vereeniging:

Also check out other Entertainment events in Vereeniging, Music events in Vereeniging, Concerts in Vereeniging.

interested
Stay in the loop for updates and never miss a thing. Are you interested?
Yes
No

Ticket Info

Tickets for Die Beste Band in die Wêreld ...Ooit, Ek Sweer! can be booked here.

Advertisement

Event Tags

Nearby Hotels

Cnr General Hertzog and Club Street, Peacehaven, 1939 Three Rivers, South Africa, 42 General Hertzog Rd, Vereeniging, 1939, South Africa,Vereeniging, Gauteng

Just a heads up!

We have gathered all the information for you in one convenient spot, but please keep in mind that these are subject to change. We do our best to keep everything updated, but something might be out of sync. For the latest updates, always check the official event details by clicking the "Find Tickets" button.

Reserve your spot

Host Details

Barnyard Vereeniging

Barnyard Vereeniging

31 Followers

Are you the host? Claim Event

Advertisement
Die Beste Band in die Wêreld ...Ooit, Ek Sweer!, 25 July | Event in Vereeniging | AllEvents
Die Beste Band in die Wêreld ...Ooit, Ek Sweer!
Fri, 25 Jul, 2025 at 07:00 pm