cenario Produksies en Die Centurion Teater bied aan INGRID – ‘N VLAM IN DIE SNEEU
’n Nuwe produksie geïnspireer deur die liefdesbriewe van Ingrid Jonker en André P. Brink
Vir die eerste keer op die verhoog word die intieme en hartstogtelike liefdesbriewe tussen Ingrid Jonker en André P. Brink lewendig in Ingrid: ’n Vlam in die Sneeu. Hierdie aangrypende teaterproduksie, aangebied deur Scenario Productions en Die Centurion Teater, bied ‘n diep menslike blik op Jonker se wêreld—haar poësie, haar passie, en haar onblusbare soeke na vryheid wat haar lewe gevorm het.
Die produksie is geïnspireer deur Vlam in die Sneeu: Die liefdesbriewe tussen Jonker en Brink (Penguin Random House), die gepubliseerde versameling briewe wat die basis van hierdie roerende liefdesverhaal vorm. Deur hul kreatiewe insig het die produksiespan hierdie persoonlike skrywes verwek in ‘n asemrowende verhoogervaring—een wat Jonker se stem, liefde en poësie weer laat leef.
Ingrid Jonker se woorde brand soos ’n vlam in die koue sneeu van haar tyd—onblusbaar, ongetem, en vol lewe. Ingrid – ’n Vlam in die Sneeu neem jou op ’n reis deur die geheime en ongesensuurde liefdesbriewe van Ingrid en André P. Brink, en weef hul passie, verlange, en hartseer saam met Ingrid se onsterflike poësie.
Hierdie unieke musiek- en toneelproduksie is ’n viering van Ingrid se hart en gees—’n vrou wie se woorde die wêreld getroos het (en steeds doen), selfs al het haar eie hart gebreek. In haar reis het sy ook haar eie donkerte in die gesig gestaar—die stryd teen depressie (nes haar ma), wat haar lewe gekompliseer het maar haar kuns verryk het.
Oorspronklike nuwe musiek omhels haar bekende gedigte uit die digbundel Rook en Oker, sodat elke lied ’n briesie word wat deur jou siel beweeg. Kom beleef haar soeke na liefde, haar stryd na ontvlugting, en die roekelose hoop wat haar vlam helder laat brand het in die koudste van dae.
“She (Ingrid Jonker) was both an artist and a human being. In the midst of despair, she celebrated life. Confronted by death, she asserted the beauty of life.” – Nelson Mandela
Die woorde en nalatenskap van Ingrid Jonker brand steeds vandag nog soos ‘n vlam wat nie geblus kan word nie—ongebonde, ongetem, en onsterflik.
Ingrid: ‘n Vlam in die Sneeu bring vir die eerste keer die intieme liefdesbriewe tussen Ingrid Jonker en André P. Brink na die verhoog—briewe wat hul passie, hunkering en komplekse verhouding ontbloot. In hierdie teaterproduksie, deurweef met nuwe toonsettings van Jonker se poësie, word haar woorde ‘n klankbaan tot haar lewe—‘n lewe gevul met vuur en vryheid, maar ook ‘n stryd tussen lig en donker.
Die produksie neem die gehoor op ‘n intieme deur Jonker waarin ons Jonker opnuut leer ken nie net as literêre ikoon nie, maar as minnaar, ‘n ma en ‘n mens.
MUSIEK, DIGKUNS & TONEEL VERWEEF
Oorspronklike musiek en toneel vermeng met Jonker se mees ikoniese gedigte, waaronder:
• Bitterbessie Dagbreek
• Toe Maar die Donker Man
• Korreltjie Sand
• Op Alle Gesigte
Hierdie produksie is nie ‘n gewone biografiese vertelling nie—dit is ‘n teaterstuk wat Jonker herskep in haar eie woorde, haar eie klanke, en haar eie emosies. Die musiek dien as ‘n verlengstuk van haar poësie en bring ‘n nuwe dimensie tot haar woorde—soms fluisterend en broos, soms brutaal eerlik, soms in volle-vlam en passievol.
‘N INTIEME VERHAAL VAN LIEFDE, VRYHEID & VERNIETIGING
Ingrid Jonker se liefdesverhaal met André P. Brink was tegelyk ‘n bron van inspirasie en pyn—‘n verhouding wat gebrand het met ‘n vuur wat nie kon bly brand nie. Brink se woorde aan haar, en hare aan hom, vorm die kern van die produksie: briewe vol intensiteit, verlange, twyfel, ekstase en uiteindelike verlies.
Maar Ingrid was meer as haar verhouding met Brink. Sy was ‘n digter, ‘n vrydenker, ‘n revolusionêr in haar eie reg—‘n vrou wat nie in die sosiale grense van haar tyd kon inpas nie. Haar gees het die hede en die verlede oorskry, en in hierdie stuk word haar stem weer gehoor—deur musiek, deur die briewe, deur die gedigte, en deur die rou waarheid van haar lewe.
You may also like the following events from The Drama Factory:
Also check out other
Arts events in Strand.