Stellenbosch, Mel die Storieverteller kom kuier met haar splinternuwe en skreeusnaakse komedie, Internet Sensasie!
In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie, Mel die Storieverteller in lewende lywe op ‘n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings want Mel is toe skreeusnaaks in die regte lewe ook (vir mans en vroue). In haar derde komiese een-vrou vertoning, Internet Sensasie, gaan gehore uitvind dat Mel nou kan sing ook.
Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, ‘n beplande vuisgeveg in ‘n taai plek met die naam KuduKraal, hoe ‘Mel die Storieverteller’ ontstaan het en die siekte op haar voorkop.
Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so sê Facebook, en ons almal weet wat op die internet staan is ‘n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo!
Vertoning duur: 80 minute (Geen pouse)
Styl: Komiese Storievertelstyl Ouderdomsbeperking:
Geen onder 14’s
Teks: Mel die Storieverteller
Musiek: Peach van Pletzen
Dekor: Imile Wepener
Daar is gehoorinteraksie, net die 'braaf' sit in die voorste twee rye.
Venue: Drostdy Teater
Adres: Cnr Alexander St &, Bird St, Stellenbosch, 7599
Kaartjieprys: R230pp
Kroeg open: 19h00
Auditorium open: 19h50
Vertoning begin: 20h15
Kaartjies beskikbaar by:
https://www.webtickets.co.za/v2/event.aspx?itemid=1564147338
You may also like the following events from Drostdy Teater: