Dis weer tyd vir KERMIS by Huis Horison!
31 Oktober & 1 November 2025
Hierdie jaar, kan kermisgangers al vanaf Vrydag 31 Oktober Huis Horison besoek vir hul kermis inkopies. Ons produkte tent, boeke, pannekoek en die Werksentrum se boereworsrolle sal Vrydag tussen 10:00 en 16:00 oop wees.
Die hoof Kermis en Horison Challenge veldwedloop, potjiekos kompetisie, vermaak, en kinder aktiwiteite tesame met al die tradisionele kos stalletjies, produkte tent en boek vind, soos gewoonlik, plaas op Saterdag 1 November tussen 09:00 en 13:00.
Kom geniet ‘n ontbyt of middagete met koffie of ‘n drankie terwyl Weskaap se Boereorkes en Magé Troskie almal vermaak. Smul aan allerhande vars, tradisionele eetgoed soos pannekoek, skilpadjies, roosterkoek, koek en tee, en soveel meer, en snuffel tussen die unieke en kwaliteit items te koop, onder andere plante, boeke, handwerk, houtwerk, wit olifante, klere, erdeware.
Die Horison Challenge Veldwedloop (“Trail Run”) spring Saterdag om 07:00 weg, en deelnemers kan kies tussen 3km, 5km of 10km. Vooraf inskrywings sluit 29 Okt November.
https://www.entryninja.com/events/82792-horison-challenge-trail-run
Daar is ‘n verskeidenheid aktiwiteite vir kinders - ‘n springkasteel, Tombola en speletjies.
Kos entoesiaste kan deelneem aan die Potjiekos kompetisie, en die beoordelaars beïndruk met hul wenner potjies.
https://www.huishorison.org.za/af/product/entry-potjiekos-competition/
Motor liefhebbers kom sien die uitstalling van Antieke (“Vintage”) Motors.
Kontant, Snapscan en kaartfasiliteite beskikbaar.
Navrae (021) 887 5080 of
YmVtYXJraW5nIHwgaHVpc2hvcmlzb24gISBvcmcgISB6YQ==.
Alle opbrengste ten bate van mense met intellektuele
Also check out other Contests in Stellenbosch, Trips & Adventurous Activities in Stellenbosch.