Nature walk with Southern Bioblitz, 25 October | Event in Pretoria | AllEvents

Nature walk with Southern Bioblitz

Vriende van Magalies

Highlights

Sat, 25 Oct, 2025 at 07:00 am

Wonderboom LAPA

Advertisement

Date & Location

Sat, 25 Oct, 2025 at 07:00 am (SAST)

Wonderboom LAPA

Pretoria, South Africa

Save location for easier access

Only get lost while having fun, not on the road!

About the event

Nature walk with Southern Bioblitz
Ontdek die natuur in die berg saam met ons! Ons beplan om deel te neem aan die Suidelike Halfrond Bioblitz. Almal wat dan op die Suidelike Halfrond is word genooi om enige organisme (behalwe mense, katte en honde) te fotografeer en op te laai na ‘n sentrale databasis. Hierdie databasis met honderde miljoene observasies verskaf ‘n skat aan inligting oor lewe op aarde. Die platform is iNaturalist. Nog nooit gebruik nie? Geen probleem, daag net op met jou kamera of slimfoon en ons sal jou vertel hoe. Geen slimfoon of kamera nie? Ook geen probleem nie, jy kan nog steeds saamgeniet! Kinders ook welkom! Hoekom sal jy deelneem? Dis pret, dis leersaam, dis nuttig, dis gesond, dis blikverruimend. Die Bioblitz is van 24-27 Okt, maar Vriende van Magalies se aktiwiteit is net die saterdag oggend. Alles wat jy die res van die 4 dae oplaai word outomaties ook deel van die opname.
Hier algemene inligting: https://www.greatsouthernbioblitz.org/about-1
En hier die resultate van Tshwane se deelname laasjaar: https://www.inaturalist.org/projects/great-southern-bioblitz-2024-tshwane
Wat jy intussen kan doen as jy iNaturalist nie ken nie en tog fotos wil oplaai:
1. Gaan na www.inaturalist.org
2. Registreer (dis gratis)
3. Neem ‘n foto van iets wat leef (verkieslik geen huisdier of tuinplant nie).
4. Teken aan met jou gebruikernaam/wagwoord by www.inaturalist.org en click Upload.
5. Laai jou foto op en volg instruksies en kyk net hoe maklik dit was.

Enige vrae? Sit dit net in ‘n kommentaar.

interested
Stay in the loop for updates and never miss a thing. Are you interested?
Yes
No

Ticket Info

To stay informed about ticket information or to know if tickets are not required, click the 'Notify me' button below.

Advertisement

Nearby Hotels

Wonderboom LAPA, Pretoria, South Africa
Get updates and reminders

Host Details

Vriende van Magalies

Vriende van Magalies

Are you the host? Claim Event

Advertisement
Nature walk with Southern Bioblitz, 25 October | Event in Pretoria | AllEvents
Nature walk with Southern Bioblitz
Sat, 25 Oct, 2025 at 07:00 am