Ons is terug vir ons 17de JAAR! 🍷✨
Kom vier saam met ons 'n mylpaal van omgee en gemeenskap by die jaarlikse Wynfees en EV Wynveiling. Hierdie is nie net 'n geleentheid nie; dis die grootste fondsinsameling vir die Potchefstroom Dienssentrum vir Bejaardes, en danksy julle ongelooflike ondersteuning het ons oor die jare reeds meer as R2 000 000 ingesamel!
Of jy 'n getroue ondersteuner is wat elke jaar saamkuier, of nuuskierig is om dit vir die eerste keer te beleef, ons nooi jou hartlik uit na 'n onvergeetlike aand van puik wyn, heerlike kos en hartlike samesyn. Maak jou hart oop vir 'n goeie doel en kom skep herinneringe saam met ons.
MEER INLIGTING:
🗓️ DATUM: Vrydag, 25 Julie 2025
⏰ TYD: 17:30 vir 18:00
📍 PLEK: Snowflake, Potchefstroom
👔 DRAG: Stylvol
🎟️ KAARTJIES: R375 per persoon (10 gaste per tafel)
Wat sluit jou kaartjie in?
· Proe wyne van +/- 30 verskillende wynkelders.
· Geniet heerlike sop en brood.
· Smul aan 'n dekadente oestafel.
· Bederf jouself by ons nageregtafel.
· Kry die geleentheid om op eksklusiewe lotte te bie by ons opwindende wynveiling!
Kaartjies is beperk. Bespreek jou kaartjies vandag by Cilia 082 922 8674.
____
HARTLIK DANKIE AAN ONS HOOF BORGE VIR 2025:
⭐ Engel & Völkers Potchefstroom
⭐ RB-T Home & Construction
⭐ Laufs Prokureurs / Attorneys
⭐ Mortgage Max North West
⭐ Meyer Van Der Walt Prokureurs / Attorneys
⭐ Green & You
⭐ Suidsentrum Blue Bottle Liquors
⭐ Meerkat Online Auctions