Basaar? SOWAAR! 🎉
Simondium Familiekerk nooi jou hartlik na ons groot Basaar op 1 November 2025 om 10:00! Kom geniet ’n dag vol pret, heerlike kos, en goeie geselskap. Hier is iets vir almal!
BEESLOOP!!!!
Moenie die kans MIS 💩 om R5000 te wen nie. Daar is ook heerlike pryse van Babylonstoren te wen! Doen die betaling vir jou lootjies hier:
https://pay.yoco.com/simondium-familiekerk/ Onthou jou verwysing! (Beesloop - Naam en Van)
Wat om te verwag:
• Kuiertent op die grasperk
• Pannekoek
• Kerrie en rys wat jou mond laat water
• Gourmet Burgers
• Geurige tuisgemaakte jaffels en pasteie
• ’n Opwindende kinderpark vir die kinders
• Verskeie stalletjies met verrassings
• Wit Olifant tafel
• Lekker mense en kuier
• Koffie, kroeg, koeke en nog baie meer!
🎶 Live musiek sorg vir ’n vrolike atmosfeer deur die dag.
Kontak Johann Joubert vir meer inligting by 071 444 8110.
Bring jou gesin en vriende saam vir ’n dag van heerlike kos, kuier, en geselligheid. Ons kan nie wag om jou daar te sien nie!
Also check out other Food & Drink events in Paarl.