Familieboerderymeesterklas met Theo Vorster – Bela-Bela | Event in Nylstroom | AllEvents

Familieboerderymeesterklas met Theo Vorster – Bela-Bela

Landbouweekblad

Highlights

Thu, 31 Jul, 2025 at 08:00 am

6 hours

ATKV-Klein-Kariba

Advertisement

Date & Location

Thu, 31 Jul, 2025 at 08:00 am to 02:00 pm (SAST)

ATKV-Klein-Kariba

Indoor Swimming, Bela-Bela, South Africa, Nylstroom

Save location for easier access

Only get lost while having fun, not on the road!

About the event

Familieboerderymeesterklas met Theo Vorster – Bela-Bela
Suid-Afrikaanse boerderye lewer ’n beduidende bydrae tot die plaaslike ekonomie. Met die meeste van hierdie plase in familiebesit, bly die beplanning vir die suksesvolle oordrag van welvaart tussen generasies ’n uiters belangrike oorweging vir boere.

Terwyl die hegtheid van ’n gesinstruktuur ongetwyfeld ’n deurslaggewende rol speel in die veerkragtigheid van ’n familieboerdery, kan ’n pa-en-seun- (of dogter!) span ook unieke uitdagings ervaar as dit nie behoorlik verstaan en reg bestuur word nie.

Ná die sukses van Landbouweekblad se meesterklasse oor familieboerdery in 2023 en 2024 onder leiding van Theo Vorster van Galileo Capital, pak ons vir die laaste keer die langpad vir ses meesterklasse in samewerking met Allan Gray aan. Soos boerdery, verg dit geduld en ’n langtermyn-ingesteldheid vir jou beleggings om vrug te dra. Allan Gray sal tydlose begingsels oor langtermyn-welvaartsbestuur deel wat jou kan help om blywende rykdom vir jou en jou nageslag te skep. Hierdie werksessies is geskoei op Suksesvolle Familieboerderye in Suid-Afrika, waar die ooreenkomste tussen van Suid-Afrika se voorste familieboerderye geïdentifiseer en bespreek word.

Terwyl familie-ondernemings suksesvolle sakemodelle bly as dit reg bestuur word, bly dit tragies wanneer ’n bate, wat oor geslagte opgebou is, tot niet gaan bloot omdat daar ’n gebrek aan goeie opvolgbeplanning is.

Kom leer oor:

Opvolgbeplanning en konflikbestuur
Doeltreffende besluitneming en rolverdeling
Besigheidsbestuur
Boedelbeplanning
Besigheidsbeginsels en beleggingstrategieë wat kan help om die suksesvolle oordrag van ’n familieboerdery na die volgende geslag te fasiliteer.

Kaartjies: R1 200 (Sluit in die topverkoper Familieboerderye in Suid-Afrika) + Jy kry ook 12 maande se toegang tot Landbou.com ter waarde van R1 800.

Familieboerderye in Suid-Afrika sal ook te koop aangebied word by die konferensie teen R300. Dit is ook in Engels beskibkaar.

Koop twee of meer kaartjies en kry 10%-afslag. Gebruik die promosiekode FB2025.

Navrae: ZXZlbnRzIHwgbGFuZGJvdSAhIGNvbQ==

interested
Stay in the loop for updates and never miss a thing. Are you interested?
Yes
No

Ticket Info

Tickets for Familieboerderymeesterklas met Theo Vorster – Bela-Bela can be booked here.

Advertisement

Nearby Hotels

ATKV-Klein-Kariba, Indoor Swimming, Bela-Bela, South Africa, Nylstroom
Reserve your spot

Host Details

Landbouweekblad

Landbouweekblad

Are you the host? Claim Event

Advertisement
Familieboerderymeesterklas met Theo Vorster – Bela-Bela | Event in Nylstroom | AllEvents
Familieboerderymeesterklas met Theo Vorster – Bela-Bela
Thu, 31 Jul, 2025 at 08:00 am