Mosselbaai, Mel die Storieverteller kom kuier met haar skreeusnaakse vertoning, Internet Sensasie by julle!
In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie, Mel die Storieverteller in lewende lywe op ‘n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings want Mel is toe skreeusnaaks in die regte lewe ook (vir mans en vroue). In haar derde komiese een-vrou vertoning, Internet Sensasie, gaan gehore uitvind dat Mel nou kan sing ook.
Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, ‘n beplande vuisgeveg in ‘n taai plek met die naam KuduKraal, hoe ‘Mel die Storieverteller’ ontstaan het en die siekte op haar voorkop.
Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so sê Facebook, en ons almal weet wat op die internet staan is ‘n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo!
Vertoning duur: 80 minute (Geen pouse)
Styl: Komiese Storievertelstyl
Ouderdomsbeperking: Geen onder 14’s
Teks: Mel die Storieverteller
Musiek: Peach van Pletzen
Dekor: Imile Wepener
Venue: Reedvalley Wine Estate
Adres: ReedValley Wines, Mossel Bay, 6500
Kaartjieprys: R200pp
Deure open: 18h00
Vertoning begin: 20h00
Kaartjies beskikbaar by:
https://www.reedvalley.com/ots/order.php?vendor=1&show=793
You may also like the following events from ReedValley:
Also check out other
Comedy events in Mossel Bay,
Entertainment events in Mossel Bay.