Harties en omliggende areas, maak gereed vir #MeldieStorieverteller, sy kom kuier 26 Julie 2025 by #SkemerbergVenue met haar splinternuwe vertoning 𝗜𝗻𝘁𝗲𝗿𝗻𝗲𝘁 𝗦𝗲𝗻𝘀𝗮𝘀𝗶𝗲 vars, oorspronklik en skreeusnaaks.
Lag is vir almal, nooi jou familie en vriende en kom ontspan en lag saam.
𝗩𝗼𝗹 𝗯𝗲𝘁𝗮𝗮𝗹𝗱𝗲 𝗸𝗮𝗮𝗿𝘁𝗷𝗶𝗲 𝘀𝗹𝘂𝗶𝘁 𝗶𝗻:
- Vertoning
- 1 x R100.00 Refinement Clinic Rustenburg afslag geskenkbewys, wat u op die dag van die vertoning ontvang
- 1 x Acrobranch 20% afslag geskenkbewys by enige van hulle parke landwyd, wat u op die dag van die vertoning ontvang.
In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie, Mel die Storieverteller in lewende lywe op ‘n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings want Mel is toe skreeusnaaks in die regte lewe ook (vir mans en vroue). In haar derde komiese een-vrou vertoning, Internet Sensasie, gaan gehore uitvind dat Mel nou kan sing ook.
Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, ‘n beplande vuisgeveg in ‘n taai plek met die naam KuduKraal, hoe ‘Mel die Storieverteller’ ontstaan het en die siekte op haar voorkop.
Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so sê Facebook, en ons almal weet wat op die internet staan is ‘n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo!
Die vertoning is nie gepas vir kinders onder die ouderdom van 16 nie. Daar is gehoorinteraksie, net die 'braaf' sit in die voorste twee rye.
𝗢𝗻𝘀 𝘀𝗶𝗲𝗻 𝘂𝗶𝘁 𝗼𝗺 𝘀𝗮𝗮𝗺 𝗷𝘂𝗹𝗹𝗲 𝘂𝗶𝘁 𝗱𝗶𝗲 𝗺𝗮𝗮𝗴 𝘁𝗲 𝗟𝗔𝗚.
𝗔𝗱𝗱𝗶𝘀𝗶𝗼𝗻𝗲𝗹𝗲 𝗶𝗻𝗹𝗶𝗴𝘁𝗶𝗻𝗴:
Ouderdomsbeperking: Geen onder 16’s
Deure open: 17h00
Vertoning begin: 18h00
Vertoning duur: 80 minute (Geen pouse)
Styl: Komiese Storievertelstyl
- Vol betaalde kaartjie sluit 1 x Acrobranch 20% afslag geskenkbewys by enige van hulle parke landwyd in (U sal dit op die dag van die vertoning ontvang)
- Geen eie drank, koeldrank, water, kos, enige vorm van soet en sout, troeteldiere of onwettige middels word toegelaat nie
- Deure vir die saal open 1 uur voor die vertoning
- Geen verversings sal tydens vertoning verkoop word nie, maar wel voor en na die vertoning. Kom vroegtydig om verversings te koop
- Venue is rolstoel vriendelik.
𝐃𝐢𝐞 𝐤𝐮𝐧𝐬𝐭𝐞𝐧𝐚𝐚𝐫, 𝐚𝐠𝐞𝐧𝐭, 𝐨𝐫𝐠𝐚𝐧𝐢𝐬𝐞𝐞𝐫𝐝𝐞𝐫𝐬 𝐨𝐟 𝐯𝐞𝐧𝐮𝐞 𝐬𝐚𝐥 𝐧𝐢𝐞 𝐯𝐞𝐫𝐚𝐧𝐭𝐰𝐨𝐨𝐫𝐝𝐞𝐥𝐢𝐤 𝐠𝐞𝐡𝐨𝐮 𝐤𝐚𝐧 𝐰𝐨𝐫𝐝 𝐯𝐢𝐫 𝐞𝐧𝐢𝐠𝐞 𝐬𝐤𝐚𝐝𝐞, 𝐝𝐢𝐞𝐟𝐬𝐭𝐚𝐥, 𝐛𝐞𝐬𝐞𝐫𝐢𝐧𝐠, 𝐚𝐟𝐭𝐞𝐫𝐰𝐞 𝐞𝐧𝐬𝐨𝐯𝐨𝐨𝐫𝐭𝐬 𝐭𝐲𝐝𝐞𝐧𝐬 𝐝𝐢𝐞 𝐠𝐞𝐥𝐞𝐞𝐧𝐭𝐡𝐞𝐢𝐝 𝐨𝐟 𝐯𝐞𝐫𝐯𝐨𝐞𝐫 𝐝𝐚𝐚𝐫𝐡𝐞𝐞𝐧 𝐞𝐧 𝐭𝐞𝐫𝐮𝐠 𝐧𝐢𝐞. 𝐃𝐢𝐞 𝐠𝐫𝐨𝐧𝐝𝐞 𝐰𝐨𝐫𝐝 𝐨𝐩 𝐞𝐢𝐞 𝐫𝐢𝐬𝐢𝐤𝐨 𝐛𝐞𝐭𝐫𝐞𝐞.
Kry julle kaartjies vroegtydig hier:
https://www.quicket.co.za/events/295612-mel-die-storieverteller-harties-internet-sensasie-geen-o16/?ref=link-campaign&lc=fb-event
You may also like the following events from MDS Management:
- Next month, 20th June, 06:30 pm, Mel die Storieverteller - LAERSKOOL ORANJE-NOORD, UPINGTON - Internet Sensasie in Upington
- This July, 4th July, 10:00 am, Mel die Storieverteller & Corlea - SEUNSKOSHUISSAAL NELSPRUIT HOËRSKOOL, INNIBOS - Trou in Nelspruit
- This July, 11th July, 07:00 pm, Mel die Storieverteller - GROENSKOOL LAPA, PHALABORWA - Internet Sensasie in Phalaborwa