🔥🎉 BRAAIBROODJIEFEES by JUBILATÉ – 27 September 2025 🎉🔥
As jy hou van gesmelte kaas, ’n warm vuur en ’n koel ietsie in jou hand, dan’s hierdie die plek vir jou!
Kom kuier saam by Jubilaté se Braaibroodjiefees, waar daar iets is vir oud én jonk!
🎶 Lewendige musiek
🛍️ Handgemaakte produkte en stalletjies
🍔 Lekkernye, kos en koeldrank
🍦 ’n Ietsie koud vir daai dorstiges
👨👩👧👦 Pret vir die hele gesin
🅿️ Veilige parkering beskikbaar
Of jy nou jou broodjie met blatjang, uie of net ekstra kaas eet – kom bou joune, braai joune, en geniet joune!
Die vure gaan brand, die mense gaan lag, en die feestelikheid gaan vir seker 'n glimlag op elke gesing bring!