Na ons vorige suksesvolle gesamentlikekuier is daar besluit om die volgende kuier weer 'n gesamentlike kuiergeleentheid te maak.
Wie is welkom?
👉 jy die
enkellopende persoon,
👉 jy wie se man/vrou werk gedurende die tyd of hulle is nie sosiaal nie, maar jy is,
👉 paartjies.
👉 ouers met kinders!
👉 jy wat nog niemand in Timaru ken nie.
Almal is welkom!
Hoe werk dit?
✅️ Elkeen betaal vir julself wanneer jul, jul bestelling plaas.
✅️ Elkeen besluit self of dit brunch/lunch/koek & koffie is.
Hoe bespreek ek?
❤️ is dit net jy en/of elkeen wat saamkom het hul eie Facebook rekening.
➡️ kies GOING asb nie interested nie. Ek bespreek die GOING getal.
❤️ Jy bring iemand saam wat nie op Facebook is nie
➡️ kies GOING asb nie interested nie. Ek bespreek die GOING getalle.
➕️ stuur asb vir my 'n boodskap in Messenger en laat weet hoeveel mense kom saam met jou.👌
Asb laat weet teen Woensdag, 11 Februarie wie saam met ons gaan kuier.
Ons sien vreeslik baie uit daarna om die jaar af te skop met die grootste kuier geleentheid nog!