GESELS 2025
Een ekstra praatjie!
Ná vier uitverkoopte GESELS 2025-praatjies, asook die oorweldigende goeie reaksie, is daar steeds aanvraag en het Nataniël ingestem tot één ekstra praatjie!
Saterdag 6 September 11:00 Bespreek nou!
Soos elke vorige jaar, het GESELS 2025 ’n splinternuwe tema: “Die Ratkas Van ’n Keuse”. (Op of af? Reg of verkeerd? Links of regs? Eet ek dit of los ek dit? Loop ek of bly ek?), is daar ‘n masjien met ’n miljoen ratte wat sy werk moet doen. Van jou ingebore neigings tot jou opvoeding, omgewing, oortuigings, invloede en gesondheid speel ’n rol in elke keuse wat gemaak word.
Kyk hoe lyk ons wêreld! Die resultaat van keuses! Hoe ver strek die gevolge van ’n vinnige besluit? Is alles dan belangrik? Hoe ontspan ek ooit weer?
Hierdie onderskatte daad word van alle kante bekyk met insiggewende, skreeusnaakse en verrassende ontdekkings. Met stories, deernis, vrae, antwoorde, vermaaklikheid, eerlikheid, persoonlike oortuiging en alle erns takel Nataniël weereens ’n yslike onderwerp.
Gehoorlede kan vrae vooraf in ’n houer plaas, Nataniël bespreek hierdie kwessies dan vanaf die verhoog, ’n hoogtepunt vir vele!
Saterdag 6 September 2025
Fairtree Atteryburyteater
11:00
90 minute
Geen kinders onder 14.
Kaalkopwinkel met boeke, keramiek, geskenke, kerse, musiek en kombuisolies in die foyer!
You may also like the following events from Fairtree Atterbury Teater/Theatre: