Die Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap (UNISA) nooi jou hartlik uit na ’n spesiale aand van poësie, gesprek en musiek op Vrydag 26 September 2025 in die Miriam Makeba-saal, Pretoria.
Hierdie multidissiplinêre fees vier die bekendstelling van die nuwe digbundel Merang (samestellers Alwyn Roux en Neil Cochrane) en bring van die mees vooraanstaande digters, denkers en kunstenaars bymekaar.
Geniet gesprekke met Neil van Heerden, Danie Marais, Klara du Plessis, Elvis Saal en Franco Prinsloo. Luister ook na voorlesings deur digters soos Ihette Senekal, Mariëtte van Graan, Artiste Johann Oppermann en Linette Van Der Merwe, en ervaar ’n spesiale musikale uitvoering onder leiding van Franco Prinsloo.
Datum: 26 September 2025
Plek: Miriam Makeba-saal, UNISA, Pretoria
Tyd: 18:00 – 20:30
Kaartjies: R100 via Quicket
https://www.quicket.co.za/events/331149-merang-sang/#/
Kom vier Afrikaans as inklusiewe taal – 'n geleentheid vol inspirasie, gesprek en kuns wat jy nie wil misloop nie.
Bestel jou kopie van Merang:
https://naledi.co.za/product/merang/