🎶 Konsertina en Trekklavier aan die middelpunt as deel van die Eeufeesvieringe van Afrikaans as amptelike taal én die internasionale viering van Wêreldonderwysersdag 🎶
Kom ervaar ’n magiese musiekreis wat die klanke van klassieke meesterstukke, egte boeremusiek, geliefde volkswysies, Afrikaanse treffers en sprankelende wêreldmusiek saamsnoer in ’n besonderse huldeblyk aan Afrikaans en ons onderwysers wat daagliks die wêreld vorm.
Met optredes deur konsertina- en trekklaviermeesters:
Willie Botha, Hannes Schoeman, Leon Oosthuizen, Dries Laas, Stephaan van Zyl en Louis Verwey en gaskunstenaars:
Amira Willighagen, Chanie Jonker, Mauritz Lotz, Martin Lane en nog vele meer.
📍 Aangebied deur SAFRA - Suid-Afrikaanse Vryrietinstrument Vereniging
🍽 Verversings beskikbaar | 🅿 Veilige parkering | ♿ Gestremd-vriendelik
🎟 Bespreek jou plek by Tixsa – Moet dit nie misloop nie!