Die Vyftigers // Loop St // Potchefstroom, 27 September | Event in Potchefstroom | AllEvents

Die Vyftigers // Loop St // Potchefstroom

Neil Sandilands

Highlights

Sat, 27 Sep, 2025 at 08:00 pm

Loop st

Advertisement

Date & Location

Sat, 27 Sep, 2025 at 08:00 pm (SAST)

Loop st

37 Loop st, Potchefstroom, South Africa

Save location for easier access

Only get lost while having fun, not on the road!

About the event

Die Vyftigers // Loop St // Potchefstroom
‘DIE VYFTIGERS’ – ’N ROOIWARM VERTONING VIR ’N EENMALIGE AFRIKAANSE VIERING

2025 is ’n jaar van mylpale: Afrikaans vier haar 100ste amptelike bestaansjaar, en vier van die taal se mees oorspronklike, geliefde kunstenaarseuns, vier hul 50ste omwenteling om die son. Die resultaat? ’n Onvergeetlike vertoning genaamd DIE VYFTIGERS - ’n musikale viering van die lewe, taal, stories, en tyd.

NEIL SANDILANDS, SCHALK JOUBERT, GIAN GROEN en ABEL KRAAMSAAL - vier unieke stemme in die Afrikaanse musieklandskap - klim saam op een verhoog om hul liefde vir Afrikaans en hul eie halfeeu lange reis te eerbiedig. Dis ’n produksie wat eerlik, rou en reguit is - vol liriek, lag, melodie en menswees.

Die ontstaan van DIE VYFTIGERS, het begin tussen die appelboorde van Grabouw, by GIAN GROEN se 50ste verjaarsdagpartytjie. Tussen kitare, staalsnare en spontane samesyn, het NEIL SANDILANDS die lig gesien: vier musikale vriende, almal besig om die 50 mylpaal te takseer, in dieselfde jaar wat Afrikaans 100 jaar oud word. Dié kreatiewe toeval kon eenvoudig nie geïgnoreer word nie en met net een oproep na elk, was almal aan boord. So word DIE VYFTIGERS gebore - ’n unieke kruispunt tussen taal en tyd.

Elke kunstenaar bring sy eie storie, instrument en kleur na die verhoog en tussen hul vier loopbane is daar meer as 200 jaar se kreatiewe gravitas - elke noot en elke sin is deurdrenk met betekenis.

DIE VYFTIGERS is nie net ’n musiekvertoning nie - dis ’n viering. Aan die hand van liedjies uit elk se repertoire, asook nuwe skeppings, wat spesifiek vir hierdie produksie ontwikkel is, neem die kunstenaars gehore op ’n reis deur persoonlike stories, taalgeskiedenis en tydlose klanke. Die vertoning is ten volle in Afrikaans - ’n danksegging aan die taal wat dit alles moontlik maak. Of jy nou ’n aanhanger is van Afrikaanse musiek, die kunstenaars self, of eenvoudig op soek is na iets eg, diep en vermaaklik – hierdie vertoning is ’n moet-sien!

Moenie dit misloop nie - een jaar, een taal, vier verjaarsdae, een verhoog. ’n Seldsame belyning van sterre, musiek en moedertaal. DIE VYFTIGERS ’n kultuurgebeurtenis.

Kaartjies is BEPERK - wees deel van ons geskiedenis.

Tyd: 20H00
Prys: R280
Besprekings: WhatsApp 082 571 8557 / bG9vcHRoZXJlc3RhdXJhbnQgfCBnbWFpbCAhIGNvbQ==


You may also like the following events from Neil Sandilands:

interested
Stay in the loop for updates and never miss a thing. Are you interested?
Yes
No

Ticket Info

To stay informed about ticket information or to know if tickets are not required, click the 'Notify me' button below.

Advertisement

Nearby Hotels

Loop st, 37 Loop st,Potchefstroom, South Africa
Get updates and reminders

Host Details

Neil Sandilands

Neil Sandilands

Are you the host? Claim Event

Advertisement
Die Vyftigers // Loop St // Potchefstroom, 27 September | Event in Potchefstroom | AllEvents
Die Vyftigers // Loop St // Potchefstroom
Sat, 27 Sep, 2025 at 08:00 pm