Klerksdorp, Mel die Storieverteller is terug op gewilde aanvraag en hierdie keer met haar splinternuwe vertoning, Internet Sensasie!
In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie, Mel die Storieverteller in lewende lywe op ‘n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings want Mel is toe skreeusnaaks in die regte lewe ook (vir mans en vroue). In haar derde komiese een-vrou vertoning, Internet Sensasie, gaan gehore uitvind dat Mel nou kan sing ook.
Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, ‘n beplande vuisgeveg in ‘n taai plek met die naam KuduKraal, hoe ‘Mel die Storieverteller’ ontstaan het en die siekte op haar voorkop.
Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so sê Facebook, en ons almal weet wat op die internet staan is ‘n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo!
Vertoning duur: 80 minute (Geen pouse)
Styl: Komiese Storievertelstyl
Ouderdomsbeperking: Geen onder 14’s
Venue: Steadfast Life Church
Adres: C/O Cory & Visser Str, Klerksdorp
Kaartjieprys: R180pp
Deure open: 18h00
Vertoning begin: 19h00
Kaartjies:
https://www.quicket.co.za/events/331598-mel-die-storieverteller-steadfast-life-church-klerksdorp-internet-sensasie/
You may also like the following events from MDS Management:
- This Friday, 10th October, 07:30 pm, Mel die Storieverteller & Corlea - AARDKLOP - Trou in Potchefstroom
- This Saturday, 11th October, 07:00 pm, Mel die Storieverteller - HOËRSKOOL WATERKLOOF, PRETORIA - Internet Sensasie in Pretoria
- This Sunday, 12th October, 07:00 pm, Mel vertel, Portchie paint - TOYOTA STELLENBOSCH WOORDFEES - Spier Toneel in Stellenbosch