RAAF – ’n MUSIKALE ERVARING
RAAF is Lourens en Esté — twee mense, getroud en diep lief vir musiek, stories en mekaar. Saam skep hulle liedjies wat jou laat stilraak, glimlag en weer voel.
Hul klank beweeg gemaklik tussen rou en teer, tussen rock en fluister, met Afrikaans wat vars, eerlik en onopgesmuk klink. Dis musiek wat nie net gehoor word nie, maar beleef word — stadig, intens en met aandag, nes ’n fynproewer-ete.
Gehore van alle ouderdomme beskryf ’n RAAF-vertoning as iets besonders: intiem, eg en onverwags. Baie praat van “regte magie” — daardie skaars oomblik waar tyd stadiger raak en alles net sin maak.
RAAF se meesterlike, skeppende vlerke sprei oor meer as net musiek. Hulle verwaardig wêreld klas wyne wat kompeteer met van ons land se top kelders. Vir hierdie eksklusiewe aand bring RAAF hul musiek, en ook hulle eksklusiewe wyne, na die Karoo — ’n unieke ontmoeting tussen musiek, wyn en kos. ’n Ervaring om te onthou.
Hierdie onvergeetlike ervaring sluit ‘n 5 gang, fynproewers ete, wêreld klas wyn in oorvloed en ‘n intieme musiek vertoning deur een van ons land se mees besonderse kunstenaars in.
Kom kuier saam by Kamdebo Padstal, Woensdag aand - 25 Februarie - teen slegs R1500 per persoon, en beleef die RAAFontuur.
Besprekings kan gemaak word by JC - 066 22 48 156