Daar is niks wat 'n kultuur meer bind as 'n goeie rugbywedstryd nie, behalwe sy musiek... Op Sat 27de September, kry jy die kans om albei te geniet by Centrestage se nuwe vertoningslokaal in Baywest Mall!
Misery Loves Company, een van Suid-Afrika se besigste toer-trios, se "Erfenis Toer" eindig in PE met hulle "Jou Ma Se Platespeler" vertoning. Hierdie is 'n nostalgiese en lighartige kuier met Afrikaanse musiek, van die dae van die platespeler en draadloos af, tot by kassette, CD's, en streaming. Dit dek hoe die sensuurwette, mediabeheer en politieke veranderinge tussen die 1930's en 2000's musiek beïnvloed het wat musikante aan die publiek kon vrystel. Soos die tegnologie verander het, het die politieke speelveld ook verander, en daarmee saam die stem van die Afrikaanse kunstenaar.
And if you're English...this show will remind you how Afrikaans you are. Embrace your roots this Heritage Day!
Kaartjiepryse:
R100 vir agtertafels.
R120 vir voorste tafels.
o/18 gratis met die aankoop van 'n volwasse kaartjie
Etes beskikbaar teen R80pp. Daar is 'n kroeg.
Rubgy SA vs Argentinië 17:10
Jou Ma Se Platespeler 19:30
Kaartjies beskikbaar via Quicket, Westway en Wendy (0832255401)
Hierdie produksie is so pas met ywerige reaksie by die Hilton Kunstefees in KwaZulu-Natal ontvang. Niemand verlaat hierdie vertoning sonder 'n glimlag op hul gesigte nie – jonk of oud, swart of wit, Engels of Afrikaans, vet of maer.
Verwag brokkies van Laurika Rauch, Koos Kombuis, Karen Zoid, Bles Bridges, Gé Korsten, Sonja Herholdt, Bok van Blerk, David Kramer en vele meer. Nie 'n enkele doef-doef-liedjie is in hierdie 100-jaar oue reis vermink nie!
Kry jou kaartjies NOU - daar is net een vertoning en kaartjies sal beslis gou uitverkoop.
Also check out other Sports events in Bethelsdorp.