Amanzimtoti, maak julle gereed vir die lekkerste oggend die jaar saam met Mel die Storieverteller maar julle moet wikkel, daar is net n beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar!
Mel die Storieverteller is 'n komediant en skrywer met ‘n agtergrond in die onderwys, vermaaklikheidsbedryf en teater.
Gehore is gaande oor Mel omdat sy sonder vrees sê wat ons almal dink. Haar praatjies is impakvol omdat sy humor in diep en dikwels uitdagende onderwerpe inweef. Mel se unieke siening oor die lewe se uitdagings, veral die uitdagings wat vroue beleef, vind aanklank in baie vroue se lewensverhale. Deur ‘n egtheid en eerlike benadering is sy ‘n inspirasie vir baie.
Mel glo dat mens vreesloos moet leef, lag, swem en hol en toe skep sy vier pasgemaakte praatjies wat inpas by hierdie lewensfilosofie. Mel se praatjie tema’s sluit in:
S.W.E.M. – Vier maniere hoe jy meer selfversekerd kan optree.
H.O.L. – Kompetisie en jaloesie tussen vrouens – hoe kan ons dit stop?
L.A.G. – Hoe om lag-lag jou lyf te aanvaar en lief te raak vir jou voorkoms.
L.E.E.F. – Self waarde: hoe kan ek ‘n voller lewe leef in hierdie moderne tye.
Venue: Kuswag Skool
Adres: 1 Kuswag Ln, eManzimtoti, 4126
Kaartjieprys: R200pp - beperkte hoeveelheid kaartjies
Deure open: 08h30
Mel begin: 09h10
Kaartjies beskikbaar by:
Kuswag Skool of Wenda 031 903 4328
You may also like the following events from MDS Management:
- Next Friday, 20th June, 06:30 pm, Mel die Storieverteller - LAERSKOOL ORANJE-NOORD, UPINGTON - Internet Sensasie in Upington
- Next month, 4th July, 10:00 am, Mel die Storieverteller & Corlea - SEUNSKOSHUISSAAL NELSPRUIT HOËRSKOOL, INNIBOS - Trou in Nelspruit
- Next month, 11th July, 07:00 pm, Mel die Storieverteller - GROENSKOOL LAPA, PHALABORWA - Internet Sensasie in Phalaborwa