Worcester, Mel kom kuier met Internet Sensasie by julle! Bring jou vriendinne, die buurmense en jou skoonouers en kom lag lekker saam!
In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie, Mel die Storieverteller in lewende lywe op ‘n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings want Mel is toe skreeusnaaks in die regte lewe ook (vir mans en vroue). In haar derde komiese een-vrou vertoning, Internet Sensasie, gaan gehore uitvind dat Mel nou kan sing ook.
Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, ‘n beplande vuisgeveg in ‘n taai plek met die naam KuduKraal, hoe ‘Mel die Storieverteller’ ontstaan het en die siekte op haar voorkop.
Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so sê Facebook, en ons almal weet wat op die internet staan is ‘n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo!
Vertoning duur: 80 minute (Geen pouse)
Styl: Komiese Storievertelstyl
Ouderdomsbeperking: Geen o.14’s
Venue: HTS Drostdy
Adres: 40 Somerset St, Worcester, 6850
Deure open: 18:00
Vertoning begin: 19:00
Kaartjies: R550 vir n groep bespreking van 4 of R160pp beskikbaar op Quicket:
https://www.quicket.co.za/events/351983-mel-die-storieverteller-hts-drostdy-internet-sensasie/
Die snoepie sal oop wees vir verversings.
You may also like the following events from MDS Management:
- Next Thursday, 5th March, 06:30 pm, Mel die Storieverteller - MERENSKY LANDBOU AKADEMIE, TZANEEN - Internet Sensasie in Tzaneen
- Next month, 21st March, 03:00 pm, Mel die Storieverteller - THE DRAMA FACTORY, SOMERSET WES - Internet Sensasie in Nomzano
- This April, 15th April, 07:30 pm, Mel die Storieverteller - CENTRESTAGE AT BAYWEST, GQEBERHA - Internet Sensasie in Port Elizabeth