Bespreking is oop van 18 Augustus en eindig 23 Desember 2025. Hopelik is alle admin dan afgehandel. Dan het ons almal 'n rustige Kersfees en nuwe jaar en kom die voorbereiding vir die kamp.
Vroee besprekings pryse tot 15 Oktober 2025 pryse vir die naweek om te kom kamp.
Tent staan plek - 1 persoon Alleen lopers $200
Tent staanplek - Paartjies $250
Tent staan plek - paartjies een kind ( 5 - 19) = $275
Tent staanplek - paartjies twee kinders ( 5 - 19) = $300
Tent staanplek - paartjies drie kinders ( 5 - 19) = $325
Tent staanplek - paartjies vier kinders ( 5 - 19) = $350
As jy 'n kragpunt wil bespreek, is daar 'n addisionele $40 per site.
Mense wat nie op die grond kamp nie en wil kom saam kuier is daar 'n naweek tarief van $50 per grootmens en $25 per kind (5 - 19)
Die formaat sal die selfde as vorige jare wees.
4 Feb 2026 Woensdag vanaf 9am slaan ons kamp op.
7nm begin die sokkie Sokkie no 1
5 Februarie - vanaf 10am speel on speletjie aangebied deur borge
7nm Sokkie no 2
6 Februarie begin ons die potjies en die braaie en spitte.
7 Febrauarie vanaf 10am speel ons speletjie aangebied deur die borge.
6pm Begin ons met die prys uitdeling. Vir pot, spit, braai en nagereg, bygereg en spangees.
8pm Sokkie no 3
8 Februarie - slaan ons tente en karavane op, maak skoon en se to Wedersiens vir Waitangi naweek 2027.
Bepreek gou gou asb - dit vat die senuwees vir al die relings uit die prentjie.
Sokkies eindig 11.30pm
Behalwe dat julle die gras nie mag brand nie - geen geraas tussen 11.59pm en 7am en boombokse bly by die huis. Ons geniet een partytjie saam! Geen kinders mag met drank rondloop nie!