Search results for:
No result found! Try with different keywords!
Advertisement
beSTEMmings

beSTEMmings

Dec 10, 2021 - Dec 10, 2021

beSTEMmings

Time Fri Dec 10 2021 at 07:00 pm

(add to calendar)

Drostdy Teater, 48 Alexander Street, Stellenbosch, South Africa

Find Tickets
Advertisement

beSTEMmings, 10 December | Event in Stellenbosch | AllEvents.in beSTEMmings
Hierdie vertoning is die derde en laaste vertoning in die Jannie du Toit Kunstefees in die Kleine.
Bespreek die pakket vir al drie vertonings hier:
https://tickets.computicket.com/event/pakket___jannie_du_toit_kunstefees/7171900/7171904/83913
*Bonjour Monsieur Brel
8 Desember 2021 - 19:00
*Die maan deur `n gaatjie in die nag
9 Desember 2021 - 19:00
*beSTEMmings
10 Desember 2021 - 19:00
R150 per vertoning/R350 vir die volledige feespakket

beSTEMmings 2021 – Jannie se vyf dekades met Afrikaanse musiek.

Die omvattende titel waaronder Jannie sy halfeeu vier, is ook die naam van die verhoogproduksie wat hoogtepunte uit sy loopbaan as liedjiemaker en opnamekunstenaar saamvat. Die program word aangebied saam met sy gereelde ensemble van Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier en akkordeon) en die program bestaan uitsluitlik uit Afrikaanse liedjies wat Jannie êrens oor die afgelope vyf dekades opgeneem het: liedjies van Jannie en sy vriende.

Jannie gee die gehoor ’n blik op die bestemmings waarheen sy musiekreis hom oor die afgelope halfeeu geneem het: van ’n dameskoshuis-sêrrie onder ons eie sterre tot by die Noorderligte oor Saskatoon, van die Pierneefteater in Pretoria tot ’n kitaarfees op die walle van die Volga. Die fisiese, maar ook die simboliese bestemmings is dikwels vergestalt in sy eie liriek, maar hy beSTEM in hierdie produksie ook die mymeringe van ander liedjieskrywers oor hulle hartsplekke en drome – soos wat hy dekades lank reeds doen. Met sy briljante begeleidende ensemble van Susan en Chanie saam met sy kitaar, sorg Jannie danksy rype ervaring, besondere vokale vermoëns en ’n repertorium met baie wye verskeidenheid, vir ’n produksie waarin die emosies gedurig wipplank ry en artistieke integriteit die botoon voer. Geen enkele gehoorlid sal onaangeraak uit hierdie aanbieding kan stap nie.



You may also like the following events from Drostdy Teater:

Also check out other Music Events in Stellenbosch, Entertainment Events in Stellenbosch.

Tickets

Tickets for beSTEMmings can be booked here.

Get Tickets

Search by related topics in Stellenbosch
Event Photos
Hosted by
About The Host: Geniet en ervaar van Suid Afrika se mees talentvolste sangers en akteurs, en 'n tikkie nostalgie, by die Drostdy Teater in Stellenbosch.
Website Link: http://www.drostdyteater.co.za
Are you the host?
Nearby Hotels Drostdy Teater, 48 Alexander Street, Stellenbosch, South Africa
Report a problem ?

Event Information

Date & Time

Fri Dec 10 2021 at 07:00 pm
Add to Calendar

Location

Drostdy Teater, 48 Alexander Street, Stellenbosch, South Africa

Advertisement
Discover more events
Advertisement
Market Your Events Professionally!

Create an online presence of your events and make them easy to discover & share with the relevant audience.

Create Events