Dis weer tyd vir ons jaarlikse Liggiefees!
π
Wanneer: 30 November β 3 Desember 2025
π Tyd: Elke dag van 16:00 β 21:00
π Waar: NG Proteapark, Rustenburg
Kom kuier saam by ons Liggiefees. Dit gaan hierdie jaar nΓ³g mooier en lekkerder wees as tevore! Ons het meer liggies as ooit, heerlike kosstalletjies, handgemaakte produkte en iets vir almal in die gesin. En die beste van alles: INGANG IS GRATIS!
Jou DONASIE maak 'n verskil! Alle fondse wat hierdie jaar ingesamel word sal gaan ten bate van gesinne in nood. Ons Koskas projek word behartig deur Charitas Social Care Rustenburg.
Kunstenaarsprogram:
π€ 30 November: 19:00 - Karlien van Jaarsveld β (Opening Night)
π€ 1 Desember: 16:00 - Sangkompetisie (Top 5 sal optree voor Deon Meiring) - Kontantpryse te wen!
π€ 1 Desember: 19:00 - Deon Meiring
π 2 Desember: 17:30 β Felias & Pokkel (poppekas deur Jakkie Louw) β βn Fees vir die kinders!
π€ 2 Desember: 19:00 β Jakkie Louw vir die grootmense
πΉ 3 Desember: 19:00 - Coenie de Villiers (Kaartjies R100 slegs vir die kerskonsert, die res van die fees bly GRATIS)
π Toegang:
β
Geen ingangsfooi vir die Liggiefees nie
β
Geen fooi vir Karlien, Deon of Jakkie se vertonings nie
β
Slegs R100 pp vir Coenie de Villiers op 3 Desember
Druk op βInterestedβ of βGoingβ om op hoogte te bly van nuus en updates oor ons fees!