Search results for:
No result found! Try with different keywords!

Seminaar vir 50-plussers

Advertisement

Seminaar vir 50-plussers


Op ’n tyd het mense op 50 afgetree en hulle lewe was so te sê verby. Vyftig is die nuwe dertig. Dis die begin van die tweede helfte van jou lewe!

Ons seminaar met die tema “Volgende jaar jonger” sal jou help om nuwe moontlikhede te ontgin, van gesondheid en energie, liefde en verhoudings, tot werk en geld.

“Julle noem dit ’n middeljarekrisis. Ek noem dit ’n betekeniskrisis,” sê lewensafrigter Bill Price. Elke mens wil hê sy of haar lewe moet saak maak. Die tweede helfte van jou lewe is die tyd om dit te doen.

Verhoudings-kenner Lynette Beer sê: “As jy aanhou doen wat jy nou doen, gaan jy aanhou kry wat jy nou kry.” Leer hoe om probleme in verhoudings in geleenthede te omskep.

Wonder jy hoe om jou finansies beter te bestuur of ’n entrepreneur te wees? Sakeman en geldkenner Wouter Snyman sal jou inspireer.

Bekende skrywer Susan Coetzer praat oor nuwe kreatiwiteit, ontdekking van nuwe talente na 50 en hoe dit gekombineer kan word met geestelike groei (volwassewording).

DOEN GOED! Finesse skenk 10% van die kaartjieverkope
aan die Bejaardeprojek van Helpende Hand.

Geborg deur Crème Classique

Saterdag 21 September (08:00 vir 09:00 tot 14:00)
Doxa Deo Faerie Glen, Pretoria
R200 (ipv R250) | R350 vir man en vrou | Finesse–vriendinne R175 INGESLUIT! VOLGENDE JAAR JONGER (R199)



You may also like the following events from Finesse Voelgoed Tydskrif:

Map Doxa Deo Oos Kampus, c/o Atterbury & Olympus Road, 0081 Pretoria, South Africa, Pretoria, South Africa
Report a problem

Are you going to this event?

Advertisement

More Events in Pretoria

Explore More Events in Pretoria