Pretoria, julle het gevra en ons het n plan gemaak! Bespreek nou reeds jou kaartjies en moenie uitmis op Mel se laaste Pretoria vertonings vir die jaar nie! Anders moet julle weer wag tot iewers in 2026 om haar skreeusnaakse stories te hoor ...
In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie, Mel die Storieverteller in lewende lywe op ‘n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings want Mel is toe skreeusnaaks in die regte lewe ook (vir mans en vroue). In haar derde komiese een-vrou vertoning, Internet Sensasie, gaan gehore uitvind dat Mel nou kan sing ook.
Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, ‘n beplande vuisgeveg in ‘n taai plek met die naam KuduKraal, hoe ‘Mel die Storieverteller’ ontstaan het en die siekte op haar voorkop.
Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so sê Facebook, en ons almal weet wat op die internet staan is ‘n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo!
Vertoning duur: 80 minute (Geen pouse)
Styl: Komiese Storievertelstyl
Ouderdomsbeperking: Geen onder 14’s
Venue: Fairtree Atterbury Teater
Adres: 4 Daventry St, Lynnwood Manor, Pretoria, 0081
Kaartjieprys: R220pp
Middag vertoning:
Deure open: 14h00
Vertoning begin: 15h00
Aand vertoning:
Deure open: 18h00
Vertoning begin: 19h00
Kaartjies beskikbaar op:
https://www.seatme.co.za/tc-events/mel-die-storieverteller-internet-sensasie-2/
You may also like the following events from Atterbury Teater/Theatre:
- This Saturday, 21st June, 07:00 pm, Johan Liebenberg – Solitary Man, the music of Neil Diamond in Pretoria
- This Sunday, 22nd June, 03:00 pm, JOSEPH CLARK – UNDERCOVER in Pretoria
- Next Tuesday, 24th June, 07:00 pm, My Boetie se Sussie se Ou in Pretoria