Search results for:
No result found! Try with different keywords!
Advertisement

Evergreen

Advertisement

Evergreen


‘n Musikale skouspel met Suzette Wilkens Produksies

Suzette Wilkens Produksies bied Saterdag 12 Oktober 2019 om 19:00 ‘n konsert in die NH Kerk Potchefstroom Noord aan.

Die Produksie heet Evergreen en bied voorwaar tydlose musiek aan.

Gunstelinge wat die toets van tyd deurstaan het en ons soliste Vita Wilkens (Sopraan), Schandry Kuhn(Alt), Dewald Grobler (Bariton), Johan Schlebusch (Bariton) en Marco Basson (Tenoor) se stemme uitstekend pas, word uitstekend aangebied.

Marco het verlede jaar aan “The Voice SA” deelgeneem en almal was in ekstase oor sy pragtige stem en voorkoms op die verhoog. Hy was onder die top tien en ons is baie trots daarop.

Met Marco is die volgende treffers ‘n moet! The Great Pretender, Namakwaland, en natuurlik Bridge over troubled water saam met Johan.

Uit die opera-afdeling is die Nessun Dorma met Dewald en Vita so opwinded soos die lied self.

Die veelsydige Johan Schlebusch is op sy beste met C'est Moi(uit Camelot) en When I fall in love.

Ons maak van uitstekende instrumentaliste gebruik en dus geen klankbane nie. Hulle is Ruan Kruyshaar (Klavier/Klawerbord), Christelle Engelbrecht (Orrel/Klawerbord), Prof Kobus van der Walt (Baskitaar) en Johan Erasmus (Dromme).

Moet dit nie misloop nie! Koop vandag nog jou kaartjie!

Kaartjies kos R100-00 en is beskikbaar by AJR Mooirivier Mall.



Map NHK Potchefstroom Noord, 15 Hennie Bingle road, 2531 Potchefstroom, Potchefstroom, South Africa
Report a problem

Get a reminder for this event

Advertisement

More Events in Potchefstroom

Explore More Events in Potchefstroom