Vader Krismis bring feesvreugde na Taalmonument, 20 December | Event in Paarl | AllEvents

Vader Krismis bring feesvreugde na Taalmonument

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument

Highlights

Sat, 20 Dec, 2025 at 05:00 pm

5 hours

Afrikaans Taalmonument

Advertisement

Date & Location

Sat, 20 Dec, 2025 at 05:00 pm to 10:00 pm (SAST)

Afrikaans Taalmonument

Gabbema Doordrift St, Paarl, 7646, South Africa

Save location for easier access

Only get lost while having fun, not on the road!

About the event

Vader Krismis bring feesvreugde na Taalmonument

Vier ‘n vrolike aand met geskenke pieknieks en vermaak

Berei solank die kinders voor op ’n betowerende speelse aand vol glimlagte en liggies wanneer Kersvader self op SATERDAG 20 DESEMBER 2025 sy rooi slee parkeer by die pragtige Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM). Soos altyd kan jong en oud op hom staatmaak om geskenke en grappies te bring na hierdie geliefde jaarlikse instelling.


Volop vermaak speelparke en buitelugspeletjies wag op die kinders terwyl die son stadig wegkwyn. En nes jy dink die aand kan nie mooier raak nie dan daag Vader Kersfees in sy volle glorie op om geskenke uit te deel!


Die hekke maak om 17:00 oop waarna die jongspan in die tuine kan rondspeel en skeppend raak met kunsvlytaktiwiteite. Om 18:30 is daar boonop ’n gratis begeleide toer vir dié wat meer oor die monument se fassinerende simboliek wil ontdek. Om 19:30 behoort Kersvader sy opwagting te maak dus ouers moet asseblief hul kinders se duidelik gemerkte geskenke teen 18:30 in sy kous in die Besoekersentrum besorg.


Besoekers kan komberse spys en drank bring (geen glas asseblief) om heerlik op die sagte grasperke te piekniek. Kosstalletjies sal ook beskikbaar wees. Onthou net jou flitslig en ’n trui vir wanneer die son gesak het.


Hierdie vrolike piekniek ondersteun ook die ATM se ‘Laat ons Lees!’-projek wat jong kinders aan die vreugde van lees bekendstel. Piekniekgangers word dus hartlik genooi om nuwe of tweedehandse kinderboeke as geskenk te bring.


Kaartjies beskikbaar by quicket.co.za/events/348369-piekniek-met-kersvader-2025/#/ of die hek teen slegs

  • R40 vir volwassenes
  • R10 vir SA studente pensioenarisse en kinders 18 en jonger
  • GRATIS vir kinders onder 6 jaar asook jaarpermithouers

--------

Celebrate a joyous evening with gifts picnics and entertainment

Prepare the children for an enchanting playful evening full of smiles and lights when Father Christmas himself parks his red sleigh at the beautiful Afrikaans Language Museum and Monument (ATM) on SATURDAY 20 DECEMBER 2025. As always young and old can depend on him to bring gifts and jokes to this beloved annual event.


Plenty of entertainment playgrounds and outdoor games await the children as the sun slowly fades away. And just when you think the evening can’t get any better Father Christmas arrives in all his glory to hand out gifts!


The gates open at 17:00 after which the youngsters can play around in the gardens and get creative with craft activities. At 18:30 there is also a free guided tour for those who want to discover more about the monument’s fascinating symbolism. At 19:30 Santa Claus is expected to make his appearance so parents are kindly requested to leave their children’s clearly marked gifts in his stocking in the Visitor Centre by 18:30.


Visitors should bring blankets food and drinks (no glass please) to enjoy a lovely picnic on the soft lawns. Food stalls will also be available. Just remember your flashlight and a sweater for when the sun goes down.


This cheerful picnic also supports the ATM’s ‘Let’s Read!’ project which introduces young children to the joy of reading. Picnickers are therefore cordially invited to bring new or second-hand children’s books as gifts.


Tickets available at quicket.co.za/events/348369-piekniek-met-kersvader-2025/#/ or the gate for only


You may also like the following events from Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument:

Also check out other Trips & Adventurous Activities in Paarl, Kids events & activities in Paarl.

interested
Stay in the loop for updates and never miss a thing. Are you interested?
Yes
No

Ticket Info

Tickets for Vader Krismis bring feesvreugde na Taalmonument can be booked here.

Advertisement

Nearby Hotels

Afrikaans Taalmonument, Gabbema Doordrift St, Paarl, 7646, South Africa
Reserve your spot
Ask AI if this event suits you
Advertisement
Vader Krismis bring feesvreugde na Taalmonument, 20 December | Event in Paarl | AllEvents
Vader Krismis bring feesvreugde na Taalmonument
Sat, 20 Dec, 2025 at 05:00 pm