Event

Radio Tygerberg 4×4 Avontuur

Advertisement

Maak gereed vir ’n naweek vol opwinding, adrenalien en gesinsvriendelike pret saam met Radio Tygerberg 104FM se 4×4 Avontuur, wat plaasvind van 26 tot 28 September 2025!

Hierdie is ‘n fondsinsamelingsgeleentheid ten bate van die Quasar Huis vir Kwadruplee. Dis ’n avontuur-naweek vir die hele gesin met iets vir almal – van ’n uitdagende 4×4-roete op die Saterdag by Sandveld Safaris (The Dunes), tot staproetes, bergfietsry en selfs ’n swembad vir die kinders.

Die naweek sluit af met ’n spesiale Sondag-erediens, waar ons saam kan reflekteer en dankie sê.

Kom kuier saam, maak herinneringe en geniet hierdie opwindende avontuur saam met Radio Tygerberg 104FM, Sandveld Safaris en Motus Nissan Tygervalley – alles vir ’n baie waardige saak.
Get Tickets

Advertisement
Share with someone you care for!

Best of Moorreesburg Events in Your Inbox