Event

Mel die Storieverteller - ZWARTKLOOF PRIVATE GAME RESERVE, BELA-BELA - Spreker L.A.G

Advertisement

Dames van Bela-Bela kom geniet n heerlike oggend saam met Mel die Storieverteller en kom luister hoe om lag-lag jou lyf te aanvaar! Franna Benade bederf julle ook met sy mooi stem!

Mel die Storieverteller is 'n komediant en skrywer met β€˜n agtergrond in die onderwys, vermaaklikheidsbedryf en teater. Gehore is gaande oor Mel omdat sy sonder vrees sΓͺ wat ons almal dink. Haar praatjies is impakvol omdat sy humor in diep en dikwels uitdagende onderwerpe inweef.

Mel se unieke siening oor die lewe se uitdagings, veral die uitdagings wat vroue beleef, vind aanklank in baie vroue se lewensverhale. Deur β€˜n egtheid en eerlike benadering is sy β€˜n inspirasie vir baie. Mel glo dat mens vreesloos moet leef, lag, swem en hol en toe skep sy vier pasgemaakte praatjies wat inpas by hierdie lewensfilosofie.

Mel se praatjie tema’s sluit in:

S.W.E.M. – Vier maniere hoe jy meer selfversekerd kan optree.
H.O.L. – Kompetisie en jaloesie tussen vrouens – hoe kan ons dit stop?
L.A.G. – Hoe om lag-lag jou lyf te aanvaar en lief te raak vir jou voorkoms.
L.E.E.F. – Self waarde: hoe kan ek β€˜n voller lewe leef in hierdie moderne tye.

Venue: Zwartkloof Private Game Reserve
Adres: Zwartkloof Private Game Reserve, Bela Bela
Kaartjieprys: R500pp - sluit n oestafel, vingerhappies, sap, koffie, tee, nie-alkoholiese wyn en wyn in asook n goodie-sakkie
Deure open: 09h30
Vertoning begin: 10h15
Mel gesels: 10h30
Kaartjies beskikbaar by: Yolanda - 082 444 5364





Advertisement
Share with someone you care for!

Best of Nylstroom Events in Your Inbox