Event

Mel die Storieverteller & Corlea - SEUNSKOSHUISSAAL NELSPRUIT HOËRSKOOL, INNIBOS - Trou

Advertisement

Innibos, julle is in vir n LEKKER bederf!

Komediant, Mel die Storieverteller, en Sangeres, Corlea smelt hul talente saam om ʼn onvergeetlike vertoning vol sang en stories met die Innibos gehoor te deel. Mel is pagetroud en Corlea verloof, maar jy hoef nie ʼn ring aan die vinger te hê om te kan gesels oor troues nie.

Ons almal was al by een, of dit nou zef, styf, kitsch of rerig rof was - troues is die broeiplek vir tradisies, nuwe liefdes en nuwe familielede se grootste skandale. Dis natuurlik ook die geleentheid waar ons sien of geld styl kan koop of nie.

Mel deel humoristiese staaltjies vanuit haar eie trou- en wittebrood album en Corlea sing ʼn paar bruilof gunstelinge, moet asseblief net nie ʼn 'Tant Koek se Hoenderhaan' - duet verwag nie, maar verwag wel lekker interaksie tussen die twee vroue en sterk opinies oor gastelyste, dekor en spanks.

Kry julle kaartjies en luister die Grease medley op pad na die vertoning - dit beloof om ʼn heerlike fees te wees!

Venue: Seunskoshuissaal Nelspruit Hoërskool - Innibos
Vertoning begin: 10h00
Kaartjieprys: R195pp
Kaartjies hier beskikbaar: https://shop.ticketpro.co.za/seller/innibos-ygve/trou-9zau

Get Tickets

Advertisement
Share with someone you care for!

Best of Nelspruit Events in Your Inbox