Event

Mel die Storieverteller - NG KERK LAMBERTSBAAI - Internet Sensasie

Advertisement

Mel die Storieverteller kom met haar skreeusnaakse stories na Lambertsbaai!

In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie, Mel die Storieverteller in lewende lywe op ‘n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings want Mel is toe skreeusnaaks in die regte lewe ook (vir mans en vroue). In haar derde komiese een-vrou vertoning, Internet Sensasie, gaan gehore uitvind dat Mel nou kan sing ook.

Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, ‘n beplande vuisgeveg in ‘n taai plek met die naam KuduKraal, hoe ‘Mel die Storieverteller’ ontstaan het en die siekte op haar voorkop.

Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so sê Facebook, en ons almal weet wat op die internet staan is ‘n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo!

Vertoning duur: 80 minute (Geen pouse)
Styl: Komiese Storievertelstyl
Ouderdomsbeperking: Geen onder 14’s
Teks: Mel die Storieverteller
Musiek: Peach van Pletzen
Dekor: Imile Wepener

Daar is gehoorinteraksie, net die 'braaf' sit in die voorste twee rye.

Venue: NG Kerk Lambertsbaai
Adres: 4 Riedeman St, Lambert's Bay, 8130
Kaartjieprys: R350pp - ete en 'goodie hamper' ingesluit
Deure open: 10h30am
Vertoning begin: 11h30am
Vertoning duur: 80 minute (Geen pouse)
Styl: Komiese Storievertelstyl

Koop jou kaartjies hier:
https://www.quicket.co.za/events/308456-mel-die-storieverteller-ng-kerk-lambertsbaai-internet-sensasie/

Die oggend word aangebied ten bate van NG Kerk Lambertsbaai. Ondersteun die oggend gerus en kom kuier en lag lekker saam!

Get Tickets

Advertisement
Share with someone you care for!

Best of Moorreesburg Events in Your Inbox