Event

AMANDA STRYDOM in THE INCREDIBLE JOURNEY of TINKERBELL VAN TONDER (Geen O/15)

Advertisement

Die verhaal van die ongelooflike reis van ’n weeskind. Isabella Dolorosa van Tonder, deur haar ouma Tinkerbell gedoop, wat soos ’n brief van een plek na die ander gepos word, leer oplaas van haar komvandaan en van haar mense se geskiedenis. Nella Peterson, vertolk deur Strydom, is die verteller in hierdie moderne feëverhaal met baie kinkels. Jo-Ann Floris skryf in haar resensie vir Ink tydens die Toyota Stellenbosch Woordfees in 2024: “The Incredible Journey of Tinkerbell van Tonder wys Strydom se veelsydigheid as sanger, aktrise en skrywer. Sy laat dit geloofwaardig klink om as wit vrou ’n bruin vrou te speel. Dit alles vertolk Strydom meesterlik, terwyl sy behendig deur ‘n menigte karakters vleg. Strydom se ervaring en sensitiwiteit teenoor die karakters, die stem wat sy hulle gee, is triomfantelik.”
Wenner van die Woordtrofee by die Toyota Stellenbosch Woordfees vir Beste Musiekproduksie, 2024. Net ‘n waarskuwing – dit is nié ‘n kinderproduksie nie. Ouderdomsbeperking : Geen onder 15.
Get Tickets

Advertisement
Share with someone you care for!

Best of Durbanville Events in Your Inbox