Search results for:
No result found! Try with different keywords!

Kaalvoetkinners

Sat Nov 02, 2019

Kaalvoetkinners

Time Sat Nov 02 2019 at 07:00 pm to 09:00 pm

Kaleideo glen marais, 32 Fiskaal str geln marais, Kempton Park, South Africa

ZAR 150 Tickets

Kaalvoetkinners


6 Jaar gelede het die klanke van die treffer "Kaalvoetkind" weerklink. Nie net oor die radiogolwe van Suider Afrika nie, maar op elke talentaand en kunswedstryd het voornemende “Kaalvoetkinders” hulle drome deur hierdie lied geleef.

En nou bars die aanvraag “Kaalvoetkinners” uit sy nate. Na meer as 50 eksklusiewe konserte en 50 000 konsertgangers het die Koningin van Afrikaanse Musiek, Juanita du Plessis en haar twee spruite, Franja du Plessis en Ruan Josh besluit dis tyd vir iets groots...

Juanita het as kunstenaar al meer as 30 albums en DVD’s uitgereik met ’n groot totaal van 2 600 000 eenhede verkoop – die meeste deur enige vrou in die geskiedenis van Suid Afrika. Meer as 80 Top 10 treffers en meer as 3000 konserte. Wat ‘n voorreg om Juanita se talent te mag ervaar. ‘n Godvreesende vrou wat nie skroom om as Christen haar dankbaarheid teenoor God uit te leef nie.

Franja du Plessis lyk dalk baie soos ma en mentor Juanita, maar aan uniekheid en talent is daar geen tekort nie. Sy het pas haar tweede album uitgereik en is tot dusver die eerste vroulike kunstenaar wat op debuut Goud verkoop en aangewys is as Vroulike kunstenaar van die jaar by 2017 se Ghoema toekennings. Wat ‘n fantastiese prestasie.

Ruan Josh is die enigste doring tussen die rose. Hy self het al sy debuutalbum uitgereik en pronk reeds met 4 nommer 1’s op Suid Afrikaanse radiostasies. Hy is ook tans die aanbieder van die SABC2 reeks, "Klein Begin".

Hulle eerste album saam genaamd "Kaalvoetkinners" het binne slegs 3 weke Goue status behaal!

So kan ons uitsien na die eerste volwaardige produksie deur hierdie hegte singende familie by name "Meer as 'n Melodie". Dit beloof om ’n eiesoortige reis te wees. ‘n Musikale reis met nostalgiese klanke wat vertel van hul liefde vir musiek, liefde vir mekaar en liefde vir die Here. Hierdie trio sing vele Juanita du Plessis treffers en natuurlk nuwe skeppinge uit haar pen.

Hierdie is ‘n aand om te onthou!! Maak seker jy loop nie hierdie een mis nie

Report a problem

Date & Time

Location

Kaleideo glen marais, 32 Fiskaal str geln marais, Kempton Park, South Africa