Create Event
Search results for:
No result found! Try with different keywords!
Advertisement
SARIE Jy Is Genoeg 2020 Gauteng

SARIE Jy Is Genoeg 2020: Gauteng

Sat Feb 27, 2021

SARIE Jy Is Genoeg 2020: Gauteng

Time Sat Feb 27 2021 at 07:30 am to 05:30 pm

(add to calendar)

Mosaïek Teatro, 1 Danielle Street, Fairland, 2030 Johannesburg, South Africa, Johannesburg, South Africa

Advertisement

SARIE Jy Is Genoeg 2020: Gauteng, 27 February | Event in Johannesburg | AllEvents.in SARIE Jy Is Genoeg 2020: Gauteng
Dít is SARIE se 2020-boodskap:

#JyIsGenoeg. Die wêreld waarin ons leef, wil ons dikwels laat glo ons is nie genoeg nie. Nie slim, slank of snaaks genoeg nie. Skaars fluks, fynsinnig of vlugvoetig genoeg.

Ons sê: Jy ís genoeg! Reeds genoeg. Nes jy is. Genoeg om ander te inspireer en deur ander geïnspireer te word.

- Michélle van Breda

Sonder uitsondering is dít die boodskap wat ons elke maand deur ‘n verskeidenheid van stories in SARIE oordra. Ook spesifiek in Augustus met Vrouemaand wanneer ons die kollig plaas op vroue, soos ek en jy, wat ons wêreld inkleur en verryk. In Februarie 2021 vier ons #JyIsGenoeg met twee besondere dae – een in Kaapstad en een in Gauteng. Iets waarna die SARIE-span al lank na uitsien.

Elk van die #JyIsGenoeg-dae sal soos ’n SARIE wees wat uit sy nate bars – interessant, relevant, stylvol, energiek, leersaam, vermaaklik. Dink kleur, kos en geur. Ook mode en mooi, en veral volhard, hoogvlieg en wen. Veral nou in ‘n tyd van onsekerheid en verandering.

Jy kan uitsien na praatjies deur van ons land se bekendste sprekers, meedoen aan gesprekke met kenners, visueel geïnspireer word, deur ander se stories gemotiveer word. Jy sal ook die SARIE-span ontmoet. Maar die beste van als, jy sal omring wees deur merkwaardige vroue, nes jy. As jy dit nie reeds dink nie, sal jy ná die dag vir seker weet: #JyIsGenoeg!

Hou SARIE en ons platforms op sosiale media dop vir die bekendmaking van ons sprekers, en nog meer!

GAUTENG
27 Februarie 2021
Registrasie vanaf 07:30 die oggend
Voldag van inspirasie by die Mosaïek Teatro in Johannesburg
Prys: R1 750

Dit sluit middagete, verversings en jou #JyIsGenoeg-geskenk in.

Kaapstad, klik hier vir jou inspirasie-dag: https://www.quicket.co.za/events/97832-sarie-jy-is-genoeg-kaapstad-2020/#/



Also check out other Arts Events in Johannesburg, Theatre Events in Johannesburg.

Search by related topics in Johannesburg
Event Photos
Hosted by
About The Host: SARIE, My Inspirasie
Website Link: www.sarie.com
Are you the host?
Nearby Hotels Mosaïek Teatro, 1 Danielle Street, Fairland, 2030 Johannesburg, South Africa, Johannesburg, South Africa
Report a problem ?

Event Information

Date & Time

Sat Feb 27 2021 at 07:30 am to 05:30 pm
Add to Calendar

Location

Mosaïek Teatro, 1 Danielle Street, Fairland, 2030 Johannesburg, South Africa, Johannesburg, South Africa

Advertisement
Advertisement
Make Your Events Easy to Discover

Create an online presence of your events and make them easy to discover & share with the relevant audience.

Create Events