Van toeka tot nou -Philip Moolman, 13 December | Event in Hermanus | AllEvents

Van toeka tot nou -Philip Moolman

Ground Central Kleinmond

Highlights

Sat, 13 Dec, 2025 at 05:30 pm

3 hours

88 Main Road, Kleinmond, South Africa

Advertisement

Date & Location

Sat, 13 Dec, 2025 at 05:30 pm to 08:30 pm (SAST)

88 Main Road, Kleinmond

88 Main Rd, Kleinmond, 7195, South Africa, Hermanus

Save location for easier access

Only get lost while having fun, not on the road!

About the event

Van toeka tot nou -Philip Moolman
Onthou Jy Nog...”

Akteur, sanger en liedjieskrywer Philip Moolman het in die 90`s bekend geword vir sy romantiese hoofolle in EGOLI, Die Prins Van Pretoria en Sonkring. Hy is ook mede-stigter van die gewilde Blou Hond teater-restaurant in Gauteng waar top plaaslike kunstenaars vir die afgelope 22 jaar weekliks optree.

Philip het in Parow grootgeword, maar het vir die afgelope 33 jaar in Johannesburg gewoon en werk. Sy onlangse, permanente terugkeer na die Kaap (waar sy kinderspore lê) het die nostalgiese titel en inhoud van die vertoning “Onthou Jy Nog” geinspireer.

Hy beskryf die vertoning as volg: “Heerlike, vrolike, grappige, en inspirerende liedjies, stories en staaltjies uit die goeie ou dae, voor T.V. en selfone… die beste tye, die beste musiek.” In die vertoning bring hy hulde aan Sonja, Sias, Laurika, Lukas, Coenie, Carika, Anneli, Anton, Schuster, Kramer, Tolla en vele meer… Hy deel ook `n paar van sy eie komposisies uit daardie era.


Volgens Moolman is dit maklik om te bepaal of jy die vertoning moet bywoon, of nie. Vra net vir jouself die volgende vrae: Het jy al ooit `n “Bollie” gelees? Weet jy wie is Fanie en Melanie? Ken jy kollekteer-oproepe, fotoverhaal-boekies, langspeelplate en melkkoepons? Weet jy wie is Glenda Kemp? Indien jy op bg. vrae ja kan antwoord, dan behoort jy al die liedjies te ken en die vertoning te geniet.

Bring jou piekniekmandjie en wyn of geniet ’n charcuterie-bord met ’n bottel van ons plaaslike wynmeesters se beste keuses.

Dis ’n aand van musiek, samesyn en herinneringe – soos ons dit net hier aan die Walviskus beleef.

Moet dit nie misloop nie – Philip Moolman by Perron 25 gaan ’n aand wees wat lank in jou hart bly.

Sluit aan en klik op die skakel hieronder om by ons gemeenskap aan te sluit en word deel van die storie:

https://bit.ly/eventsatPerron25


You may also like the following events from Ground Central Kleinmond:

interested
Stay in the loop for updates and never miss a thing. Are you interested?
Yes
No

Ticket Info

Tickets for Van toeka tot nou -Philip Moolman can be booked here.

Advertisement

Nearby Hotels

88 Main Road, Kleinmond, South Africa, 88 Main Rd, Kleinmond, 7195, South Africa, Hermanus
Reserve your spot
Ask AI if this event suits you

Host Details

Ground Central Kleinmond

Ground Central Kleinmond

3 Followers

Are you the host? Claim Event

Advertisement
Van toeka tot nou -Philip Moolman, 13 December | Event in Hermanus | AllEvents
Van toeka tot nou -Philip Moolman
Sat, 13 Dec, 2025 at 05:30 pm