

# Event Details

- **Event Name**: Magda en haar Erhard, how Louw can you go? | Komedie
- **Event Start and End Date**: Mon, 10 Aug, 2026 at 12:00 pm
- **Event Description**: Magda en haar Erhard, how Louw can you go?
’n komedie oor liefde, die middeljare en die dinge wat ons almal uiteindelik beleef

Met: Magda en Erhard Louw

Magda en Erhard Louw besluit om die pad te vat en die verhoog te betree, so naelkouend en mompelend soos net hulle kan.

Die tema van hulle teaterdebuut is die liefde, maar die liefde uit Magda en Erhard se perspektief is effens anders as die liefde waarvan ons in boeke lees of in films sien. In die teaterproduksie (of konsert soos Erhard dit noem) sien ons hoe Magda en Erhard hulle bes probeer, maar dit sukkel. Is hulle reg om op die feeste se verhoë te klim?

In ’n tipe “Noises Off!”-formaat neem Erhard en Magda ons deur die proses totdat hulle uiteindelik ook saam met die gehoor die waansinnigheid van die liefde en die lewe aanspreek. Hulle gesels oor vergifnis, hoe om in die eg verbind te bly sonder om gearresteer te word of daardie einste eg te verbreek. Hulle gesels oor leënessindroom, volpens-sindroom en al die ander sindrome wat mens moet aanvaar soos die middeljare jou tref.

Dis ’n komiese stuk, maar ook met ’n dieper boodskap, dat ons uiteindelik maar die pad met iemand wil stap, al irriteer hulle ons of dryf ons na drank. Daar sal ook interaksie met die gehoor wees.

Vereenselwiging is die kern van hierdie toneelstuk en nadat soveel mense al genoem het dat hulle met die twee karakters kan vereenselwig en sover gaan om te sê dat hulle eintlik “Magda en Erhard is”, is dit ’n wonderlike geleentheid om die wêrelde saam te bring in ’n teater of saal, waar almal saam kan lag, saam kan huil en saam kan gesels oor die dinge wat ons almal uiteindelik gaan beleef.

Oudword, of dit nou saam of alleen is, seerkry, of dit nou fisies of emosioneel is, en die wit lig wat ons almal elke dag, elke oomblik, ’n bietjie nader wink...

Top verkoper by die Vrystaat Kunstefees in 2025  
Topverkoper by die Innibos Kunstefees in 2026  
Aardklop Kunstefees 2025 – 4 benoemings

Ouderdomsbeperking: Alle ouderdomme
- **Event URL**: https://allevents.in/hermanus/magda-en-haar-erhard-how-louw-can-you-go-komedie/200030340962654
- **Event Categories**: concerts, entertainment
- **Interested Audience**: 
  - total_interested_count: 20

## Ticket Details


## Event venue details

- **city**: Hermanus
- **state**: WC
- **country**: South Africa
- **location**: Hermanus N.G. Kerk
- **lat**: -34.420032001
- **long**: 19.238030095
- **full address**: Hermanus N.G. Kerk, 1 Churchstr,Hermanus, Western Cape, South Africa

## Event gallery

- **Alt text**: Magda en haar Erhard, how Louw can you go? | Komedie
  - **Image URL**: https://cdn-az.allevents.in/events8/banners/9d92a9a5826337fea3ebdf2ff4fd6b11687668a1f0c3a66b868babacc2ea2bfc-rimg-w1200-h1199-dc08a898-gmir?v=1786350726

## FAQs

- **Q**: When and where is Magda en haar Erhard, how Louw can you go? | Komedie being held?
  - **A:** Magda en haar Erhard, how Louw can you go? | Komedie takes place on Mon, 10 Aug, 2026 at 12:00 pm to Mon, 10 Aug, 2026 at 12:00 pm at Hermanus N.G. Kerk, 1 Churchstr,Hermanus, Western Cape, South Africa.
- **Q**: Who is organizing Magda en haar Erhard, how Louw can you go? | Komedie?
  - **A:** Magda en haar Erhard, how Louw can you go? | Komedie is organized by Kalfiefees.
- **Q**: Who is this event for? Is it right for me?
  - **A:** Magda en haar Erhard, how Louw can you go? | Komedie is ideal for comedy fans, stand-up enthusiasts, and anyone looking for a dedicated session of curated laughs, professional acts, and sharp wit from seasoned performers. Whether you're a first-time attendee or a longtime enthusiast in Hermanus, this event is thoughtfully curated to deliver a standout experience worth every moment. If Magda en haar Erhard, how Louw can you go? | Komedie sounds like your kind of event, don't wait - spots fill up fast.

## Structured Data (JSON-LD)

```json
[
    {
        "@context": "https://schema.org",
        "@type": "Event",
        "name": "Magda en haar Erhard, how Louw can you go? | Komedie",
        "image": "https://cdn-az.allevents.in/events8/banners/9d92a9a5826337fea3ebdf2ff4fd6b11687668a1f0c3a66b868babacc2ea2bfc-rimg-w1200-h1199-dc08a898-gmir?v=1786350726",
        "startDate": "2026-08-10",
        "url": "https://allevents.in/hermanus/magda-en-haar-erhard-how-louw-can-you-go-komedie/200030340962654",
        "location": {
            "@type": "Place",
            "name": "Hermanus N.G. Kerk",
            "address": {
                "@type": "PostalAddress",
                "streetAddress": "1 Churchstr,Hermanus, Western Cape",
                "addressLocality": "Hermanus",
                "addressRegion": "WC",
                "addressCountry": "ZA"
            },
            "geo": {
                "@type": "GeoCoordinates",
                "latitude": "-34.420032001",
                "longitude": "19.238030095"
            }
        },
        "eventAttendanceMode": "https://schema.org/OfflineEventAttendanceMode",
        "description": "Magda en haar Erhard, how Louw can you go?\n’n komedie oor liefde, die middeljare en die dinge wat ons almal uiteindelik beleef\n\nMet: Magda en Erhard Louw\n\nMagda en Erhard Louw besluit om die pad te vat en die verhoog te betree, so naelkouend en mompelend soos net hulle kan.\n\nDie tema van hulle teate",
        "organizer": [
            {
                "@type": "Organization",
                "name": "Kalfiefees",
                "url": "https://allevents.in/org/kalfiefees/22235761",
                "description": "Kalfiefees. 6,786 likes · 1,419 talking about this · 283 were here. Nonprofit organization"
            }
        ]
    }
]
```