Nicholis Louw kom ROCK die teater weer op 10 Des 2025 met ‘n verskeidenheid treffers wat strek oor die afgelope 22 jaar. Van Maia Hee, en Rock daai Lyfie se 20 jaar herdenkingsweergawes wat hy onlangs vrygestel het, dwarsdeur sy lawwe treffers soos Werfbobbejaan, Oents Oents Oents, en Coco Pops en Kaas, tot by sy splinternuwe, dieper treffer, “Die Pad”, wat vinnig populêr onder voornemende bruide geraak het, bring hy ‘n “trefferparade” wat jou op ‘n nostalgiese reis van lighartigheid, sowel as dieper emosies neem.
Kom maak nuwe herinneringe wat vir jare by jou sal bly!