Search results for:
No result found! Try with different keywords!
Advertisement

Joshua na die Reën

Advertisement

Joshua na die Reën


“Die titel van my nuwe album, is SOMERAARDE. Dit is gebaseer op die titelsnit wat ek vir my ouboet, Pierre, geskryf het. Vandat ek kan onthou, was sy hoop vir die wêreld dat almal genoeg sal hê om van te leef en dat daar vrede sal wees. Dat mense hulle volle potensiaal sal ontdek. Ek het besef dat jy daardie plek net binne jouself kan vind, en as dit ’n naam gehad het, sou myne SOMERAARDE gewees het,” verklap die gewilde musikant en liedjieskrywer, Joshua na die Reën, oor sy langverwagte nuwe album wat vanaf 12 April 2019 op alle digitale platforms landswyd beskikbaar sal wees.

Die musikant, wat bekend is vir sy rustige fluweelstem, het sy nuutste vrystelling self vervaardig. Hy het baie moeite gedoen om die mooiste melodieë en lirieke soomloos te verweef met ’n interessante kombinasie van kontemporêre- en pop-klanke om ’n baie treffende eindresultaat te verseker.

“Ek het baie geleer tydens die opnameproses. Op hierdie reis het ek mense ontmoet wat soveel meer ingeploeg het as wat van hulle verwag is... Ewald Jansen van Rensburg het die vermenging van klank gedoen en dit was een van die samewerkings in my lewe wat werklik geen moeite was nie, want dis lekker as jy mense so kan vertrou. Andy Maritz het die dromvervaardiging gedoen en ek sê baie keer vir hom dat hy die album gered het,” sê hy.

Anders as met die vorige album, Die Wêreld Binne My, wat meestal gegaan het oor die wêreld binne elkeen wat daarna luister, moedig sy derde ateljee-album luisteraars aan om vrede binne hulleself te vind. Die genre is egter steeds Stadium Rock, maar buiten vir die kenmerkende kontemporêre styl, is daar ook interessante pop-elemente in party van die liedjies wat bydra tot die splinternuwe klank wat hy graag wou skep.



You may also like the following events from Die Boer:

Map Die Boer, Chenoweth Straat 6,, 7550 Durbanville, Durbanville, South Africa
Report a problem

Are you going to this event?

Advertisement

More Events in Durbanville

Explore More Events in Durbanville