Search results for:
No result found! Try with different keywords!
Advertisement

Dewald Wasserfall

Advertisement

Dewald Wasserfall


Vir amper 20 jaar al is Dewald Wasserfall se wêreld so te sê oorheers deur musiek, en oor die afgelope dekade het hy in ’n suksesvolle en hoogs gerespekteerde sanger en liedjieskrywer ontpop.
Liedjies skryf is in sy bloed. Op die jong ouderdom van 12 het Dewald alreeds sy eerste liedjie geskryf. Ná matriek het hy sy talent na die destydse Pretoria Technikon geneem en sy algemene bekwaamheid verder geslyp deur ’n diploma in vermaaklikheidstegnologie te verwerf.
Dubbeld gekwalifiseer, beide op papier en met loutere talent, het hy die volgende vier jaar sy groep Wasserfall gelei, en twee albums, insluitende die treffers Suikerbos en All About Me, vrygestel – onderwyl hy liedjies geskryf het vir sommige van Suid-Afrika se grootste sterre, soos Jay, Karlien van Jaarsveld, Bok van Blerk en Lianie May. “My grootste vyand is ek self,” lag hy. “Ek kan nie stilsit nie. Wanneer ek nie slaap nie, hol ek rond en voeg verkieslik nuwe idees en kleure by my progressiewe musieksmaak.”



You may also like the following events from Die Boer:

Map Die Boer, Chenoweth Straat 6,, 7550 Durbanville, Durbanville, South Africa
Report a problem

Are you going to this event?

Advertisement

More Events in Durbanville

Explore More Events in Durbanville