Chenoweth Straat 6, Cape Town, Western Cape, Durbanville, South Africa
Save location for easier access
Only get lost while having fun, not on the road!
About the event
CHRISTIA VISSER
Die Suid-Afrikaanse aktrise en sangeres Christia Visser skitter steeds met treffers soos “17 Shots”, “Ek Sien Jou” en haar nuutste enkelsnit “Maak Dit Maklik”. Sy is ook bekend vir haar uitmuntende toneelspel in films soos “Tess en “Ballade vir ’n Enkeling” asook TV-reekse soos “Die Boekklub”, “Fynskrif” en “Binnelanders”. Haar musiek is diep persoonlik en weerspieël die stories wat sy openlik op sosiale media deel in die vorm van gedigte wat groot opslae maak onder aanhangers. Haar vertonings is energiek, eg en dikwels vol grappies en lag waar gehore die ware Christia leer ken - “what you see is what you get” - ’n egtheid wat haar ondersteuners opreg waardeer.