Search results for:
No result found! Try with different keywords!
Users
Organizers
Events
Advertisement

Karaoke soos 'n Ster

Advertisement

Karaoke soos 'n Ster


Het jy nog altyd daarvan gedroom om op ’n verhoog te wees en jou hart uit te sing? Of is jy dalk die een wat die hartsnare by ’n karaoke-aand roer?
Skryf dan nou in vir Karaoke soos 'n Ster, aangebied deur TygerBurger, in samewerking met Delush, Live with Flair-wyne (hoofborg) en die sepie Suidooster.

HOE OM IN TE SKRYF:
Maak 'n selfoonvideo van jou karaoke-talent en stuur dit met WhatsApp na 076 939 6536 of via Facebook Messenger.

’n Paneel kundiges gaan die 10 beste video’s kies en hierdie deelnemers sal op 30 Maart volgende jaar by die Bellville-burgersentrum tydens ’n galageleentheid optree.

Die wenner sal pryse ter waarde van duisende rande wen en kan spog met ’n gesogte titel.

TERME EN VOORWAARDES:
1. Die kompetisie word aangebied deur Media24 Nuus (TygerBurger).

2. Die kompetisie duur van 21 November 2018 tot 30 Maart 2019.

3. Slegs Suid-Afrikaanse burgers, met geldige ID-dokumente, mag deelneem.

4. Die kompetisie is oop vir enige amateurs bo die ouderdom van 18 jaar oud. Amateurs word omskryf as diegene wat nie regstreeks ’n loopbaan of bestaan uit sang maak nie en nie ’n kontrak met enige platemaatskappy het nie. Deelnemers wat nie aan hierdie vereistes voldoen nie gaan summier uitgeskop word. Geen korrespondensie sal gevoer word nie.

5. Geen werknemer of familielede van die borge of Media24 mag deelneem nie.

6. Die kompetisie is slegs vir solo-kunstenaars.

7. Inskrywings geskied deur middel van ’n minuut lange videogreep wat na die voorgeskrewe selfoonnommer gestuur word.

8. Indien ’n deelnemer ’n videogreep instuur, gee hy/sy vir Media24 Nuus (TygerBurger) toestemming om die betrokke videogreep op sosiale media te deel. Die organiseerder behou hom die reg voor om nie al die videogrepe te deel op sosiale media nie en geen korrespondensie sal oor die seleksie hiervan gevoer word nie.

9. TygerBurger aanvaar nie verantwoordelikheid vir borge wat nie hul verpligtinge nakom nie.

10. TygerBurger aanvaar nie verantwoordelikheid vir inskrywings wat wegraak of waarvan die gehalte te swak is om te beoordeel nie.

11. Deelname aan hierdie kompetisie veronderstel toestemming dat jy deur TygerBurger en/of borge gekontak mag word.

12. Deelnemers aan die kompetisie verleen aan Media24 en medeborge van die kompetisie om van tyd tot tyd sy produkte en/of dienste aan hulle te bemark.

13. Met die deelname aan die kompetisie verskaf u aan TygerBurger en of borge van die pryse toestemming om u foto te publiseer, sou dit verwag word.

14. Pryse is nie onderhandelbaar en kan nie vir kontant verruil word nie. Wenner het die reg om die prys weg te wys.

15. TygerBurger behou die reg om die kompetisie te enige tyd te staak/beëindig.

16. TygerBurger behou die reg om pryse te enige tyd aan te pas of te kanselleer.

17. Die kompetisie word gereguleer deur SA wetgewing.

18. Die tien finaliste wat aan die eindronde deelneem, sal deur ‘n panel van die organiseerders en borge gekies word en geen korrespondensie sal oor die keuses gevoer word nie. Daar sal ook een finalis ingesluit word, wat deur openbare gewildheid op sosiale media bepaal sal word.

19. Die foto’s en ’n kort biografie van die tien finaliste sal in TygerBurger gepubliseer word. ’n Foto van die wenners sal ook na die eindronde geplaas word.

19. Die organiseerders behou hulle die reg voor om enige deelnemer te enige tyd te diskwalifeer as die persoon die goeie naam van die koerant en sy borge in gedrang bring. Dit sluit gedrag in (maar is nie daartoe beperk nie) wat lei tot die finalis se arrestasie, hofverskyning, betrokkenheid by ’n polisieondersoek (selfs voordat die finalis aan ’n misdryf skuldig bevind word) en onwelvoeglike of skandalige gedrag, hetsy dit in die media gepubliseer word of nie.

20. TygerBurger behou die reg voor om hierdie terme en voorwaardes te enige tyd sonder kennisgewing te verander.



Map Bellville Civic Centre, 80 Voortrekker Road, Bellville, 7530 Bellville, Western Cape, Bellville, South Africa
Loading venue map..
Report a problem

Are you going to this event?

Advertisement

More Events in Bellville

Explore More Events in Bellville