

# Event Details

- **Event Name**: Aanskou die mens met Winand Grundling (orrelis) en Johann Nel (voordrag)
- **Event Start and End Date**: Sun, 13 Sep, 2026 at 11:00 am – Sun, 13 Sep, 2026 at 12:00 pm (+02:00)
- **Event Description**: KOM REIS SAAM OP ’N GESKIEDKUNDIGE MUSIEKREIS 

Die bekroonde orrelis Winand Grundling improviseer op die orrel aan die hand van groot nuusgebeure in die geskiedenis, waaronder die Hindenburg-lugramp, die atoombomaanval op Hirosjima, die maanlanding, die eerste hartoorplanting, die dood van prinses Diana, die gebeure van 9/11, die Covid-19 pandemie en die Springbokke se Wêreldbeker-oorwinning in 2023. 

Die geliefde stemkunstenaar Johann Nel dra die destydse brekende nuus van die spesifieke gebeurtenis voor en verskaf interessante inligting, terwyl bekende en verrassende temas op die orrel geïmproviseer word. Dié kombinasie sorg vir ’n intense en emosionele musiekreis deur ons onlangse geskiedenis wat ook die orrel se relevantheid as ’n “kommentator” op groot nuusgebeure beklemtoon. ’n Wye reeks van musiek word ingesluit – van klassiek tot kontemporêr. Het jy al ’n Shakira-treffer op die orrel gehoor? Kom luister. 

Die teks is geskryf deur Winand se broer, die skrywer en TV-aanbieder Erns Grundling, wat ook die produksie vervaardig. Aanskou die mens is al opgevoer by onder meer die KKNK, Woordfees en Aardklop en was by laasgenoemde fees genomineer in die kategorie “Beste musiekgedrewe uitvoering” (2025). Kom geniet hierdie Sondagoggend-vertoning kort ná die erediens by die Welgemoed Kunstefees. 

👉 Kaartjies nou beskikbaar: 
https://www.webtickets.co.za/v2/event.aspx?itemid=1598194010 
R150
Sondag 13 September 2026 – 11:00 tot 12:00
Ouditorium, NGK Welgemoed, Diazstraat  15

#welgemoedkunstefees
- **Event URL**: https://allevents.in/bellville/aanskou-die-mens-met-winand-grundling-orrelis-en-johann-nel-voordrag/200030649232138
- **Interested Audience**: 
  - total_interested_count: 0

## Ticket Details


## Event venue details

- **city**: Bellville
- **state**: WC
- **country**: South Africa
- **location**: NGK Welgemoed, Ouditorium
- **lat**: -33.87585
- **long**: 18.6161
- **full address**: NGK Welgemoed, Ouditorium, 10 Da Gama St, Bellville, 7530, South Africa

## Event gallery

- **Alt text**: Aanskou die mens met Winand Grundling (orrelis) en Johann Nel (voordrag)
  - **Image URL**: https://cdn-az.allevents.in/events10/banners/e0dce5dd1d83dad67601551321db79f47d9d77cc6e5f1190f71fcc01bcfc0856-rimg-w1110-h740-dcf8f8e8-gmir?v=1788366336

## FAQs

- **Q**: When and where is Aanskou die mens met Winand Grundling (orrelis) en Johann Nel (voordrag) being held?
  - **A:** Aanskou die mens met Winand Grundling (orrelis) en Johann Nel (voordrag) takes place on Sun, 13 Sep, 2026 at 11:00 am to Sun, 13 Sep, 2026 at 12:00 pm at NGK Welgemoed, Ouditorium, 10 Da Gama St, Bellville, 7530, South Africa.
- **Q**: Who is organizing Aanskou die mens met Winand Grundling (orrelis) en Johann Nel (voordrag)?
  - **A:** Aanskou die mens met Winand Grundling (orrelis) en Johann Nel (voordrag) is organized by Welgemoed Kunstefees.
- **Q**: Who is this event for? Is it right for me?
  - **A:** Aanskou die mens met Winand Grundling (orrelis) en Johann Nel (voordrag) is ideal for music lovers, fans of all genres, and anyone who wants to celebrate the power of music - from intimate gigs and live sessions to festivals and cultural performances. Whether you're a first-time attendee or a longtime enthusiast in Bellville, this event is thoughtfully curated to deliver a standout experience worth every moment. If Aanskou die mens met Winand Grundling (orrelis) en Johann Nel (voordrag) sounds like your kind of event, don't wait - spots fill up fast.

## Structured Data (JSON-LD)

```json
[
    {
        "@context": "https://schema.org",
        "@type": "Event",
        "name": "Aanskou die mens met Winand Grundling (orrelis) en Johann Nel (voordrag)",
        "image": "https://cdn-az.allevents.in/events10/banners/e0dce5dd1d83dad67601551321db79f47d9d77cc6e5f1190f71fcc01bcfc0856-rimg-w1110-h740-dcf8f8e8-gmir?v=1788366336",
        "startDate": "2026-09-13T11:00:00+02:00",
        "endDate": "2026-09-13T12:00:00+02:00",
        "url": "https://allevents.in/bellville/aanskou-die-mens-met-winand-grundling-orrelis-en-johann-nel-voordrag/200030649232138",
        "eventStatus": "https://schema.org/EventScheduled",
        "location": {
            "@type": "Place",
            "name": "NGK Welgemoed, Ouditorium",
            "address": {
                "@type": "PostalAddress",
                "streetAddress": "10 Da Gama St, Bellville, 7530, South Africa",
                "addressLocality": "Bellville",
                "addressRegion": "WC",
                "addressCountry": "ZA"
            },
            "geo": {
                "@type": "GeoCoordinates",
                "latitude": "-33.87585",
                "longitude": "18.6161"
            }
        },
        "eventAttendanceMode": "https://schema.org/OfflineEventAttendanceMode",
        "description": "KOM REIS SAAM OP ’N GESKIEDKUNDIGE MUSIEKREIS \n\nDie bekroonde orrelis Winand Grundling improviseer op die orrel aan die hand van groot nuusgebeure in die geskiedenis, waaronder die Hindenburg-lugramp, die atoombomaanval op Hirosjima, die maanlanding, die eerste hartoorplanting, die dood van prinses",
        "organizer": [
            {
                "@type": "Organization",
                "name": "Welgemoed Kunstefees",
                "url": "https://allevents.in/org/welgemoed-kunstefees/28064608",
                "description": "Welgemoed Kunstefees. 323 likes · 16 talking about this. Welkom by die amptelike blad van die Welgemoed Kunstefees, wat gereel word deur die NG Kerk..."
            }
        ]
    }
]
```